Ja seker, maar wees gewaarsku. As die kunsaas gogga jou eers byt gaan jy nooit weer aas hengel nie.
Oom Roy Stanley 012 660 2851 maak loodkoppe vir karp maar hulle werk ook ok vir ander vis, bv baber en geelvis.
Vir baber het jy so 'n bietjie groter loodkop nodig. Jy kan ook jou eie maak.
Die kleintjie heel links is my eie karp loodkop, die twede is Oom Roy se karp loodkop, my gunsteling grootte baber loodkop (sterk hoek) my groot baber loodkop, en my Eco Care loodkop.
Vir baber hoef daar nie vere aan die loodkop te wees nie, dit kan 'n kaal hoek wees ok. Al wat die lyfgedeelte doen is om die loodkop vinniger of stadiger te laat sink.
Die heel regterkanste eco care loodkop - so genoem omdat ek 'n eco care plastiek sak gebruik het om hom van te maak. Moenie vir Droomvanger se nie hoor :-D maar enige plastiese sak werk - maak so plop op die water en sink baie stadig. As die babers vinnig op kom dan wil jy so een gebruik. As hulle onder bly en nie na die oppervlak kom nie dan gebruik ek die een twede van regs af. Sink redelik vinnig en die baber kry hom dan maklik.
So bietjie tegniek om te leer om te plons. Al wat jy doen is om heel tyd op dieselfde plek te plons. Jy kan rond skuif ook as jy stelselmating in die rigting plons wat jy wil gaan. Moenie rond en bont plons nie die baber word verwar en kies dan koers.
Die plonsery is veronderstel om iets wat in die water spartel te simuleer. Die baber hoor dit, kom kyk en probeer die arme slagoffer dan opvreet.