Hartenbos

choppy

New member
Ek kom van Richards baai af en wil so n bietjie gaan hengel by Hartenbos of Mossel baai. Ek ken nie die Kaap se waters nie en wil weet watter aas om daar te gebruik en is dit veilig om in die nag daar te hengel.
Ek gaan van die 3de Maart by die ATKV Oord bly en sal dit waardeer as iemand vir my so bietjie raad kan gee.
 

qrheeder

New member
Jy kan van die strand af hengel al langs Hartenbos.
Kry net vir jou mooi sloep en sandbank.
Tjokka, pilchard, prawn en wit mossel werk goed.

Mossel Baai het goeie sloepe en rots vormasies by die punt.
Probeer krap of seekat vir musslecracker en prawn / rooiaas vir ander visse.
Daar is ook 'n paar haaie wat daar rond hang.

Kleinbrak revier en Hartenbos revier (lagoon)is goeie plekke om te hengel vir leeries, kob en grunter.
Probeer lifebait by die brug en Kunsaas sal ook werk vir die leeries en kob.

Ek's nie seker hoe veilig dit is nie, maar ons het nooit probleme gehad nie. Alhoewel dit was meestal geduurende vakansies.
 
Top