HARTEBEESPOORT

hotstuff

Senior Member
The senseless netting of Hartebeespoortdam has started .Not  for long and fishing

will be history at the dam.What are they going to do if there are no fish left .Then

they will start with another dam.What about our speciment carp. We must stop this as anglers.The nice fish we put back on catch and release will now go as catfood

and not for our children 
 

hotstuff

Senior Member
Aangaande die besoedeling van die reservoir genaamd Hartebeespoortdam - ek het navorsing gaan doen en op 'n baie interresante dokument afgekom aangaande die rehabilitasie van die 'dam', die dokument handel oor baie navorsing en feite. Harties is primêr gebou vir water voorsiening en besproeing - die hengel by die reservoir is maar 'n byproduk, dit is hoekom niemand 'n veer voel oor die hengelaars nie. In die dokument word daar baie duidellik gestel dat die hoof oorsaak vir die groen alge is die riool en ander vuil water wat in harties in-spoel vanaf Johannesburg, Krugersdorp ens ens vanaf die krokodil rivier. Die dokument lees:"To-date the dominant and most problematical cyanobacterial species in Hartbeespoort Dam has been Microcystis aeruginosa. - die goed veroorsaak serious siektes - Microcystins are cyclic nonribosomal peptides produced by cyanobacteria. They are cyanotoxins and can be very toxic for plants and animals including humans. Their hepatotoxicity may cause serious damage to the liver. Die dokument lees verder: for safe levels of microcystins in drinking water, measured as the variant microcystin-LR, was set some years ago as 1 μg ℓ-1, for the period August 2003 to May 2004, i.e. during the period of this project, toxin levels in Hartbeespoort Dam were at a median concentration of 580 μg ℓ-1, and with a highest mean level of 14 400 μg ℓ-1!Notwithstanding this there are no warnings posted around the shoreline of the dam, and no public information warnings disseminated via any form of media!These data are indicative of a very real and present danger to humans and animals coming into contact with the water from Hartbeespoort Dam, and strongly underpin and emphasize the need for urgent attention to remediation of this impoundment. Dit stel ook duidellik dat die karps en babers se larwes eet al die 'goeie' plankton op en versteur die bodem plankton en dit het 'n negatiewe uitwerking op die 'repair' proses..... maw die karps en babers gaan defnitief remove word op grond van die dokument, dit het alles hier begin. Weet die publiek dat die water so 'toxic' is? Waar is die waarskuwings? Of word dit ook hanteer soos die riool en al die ander gemors wat in die dam in stroom - ek sê steeds, fic die inloop van rou riool en die dam sal regkom - LOS DIE VISSE UIT! Ek wonder of ons 'n hofbevel kan kry om die dudes te stop? Enige prokureurs, antwoord bietjie die vraag asb!!!! Ons moet hulle stop!
 

hotstuff

Senior Member
Volgens die mense se navorsing is die water in Harties toxic.So hulle wil al die karpe,babers en kanarie kurpers net teen 7.5 ton per week uit droog en verkoop as kos.As dit dan die geval is gaan baie diere en mense groen rondloop omdat hulle toxic gaan wees.Moenie worry of drank jou lewer gaan opf@%$k nie drink `n dubbel karp op ys
 

hotstuff

Senior Member
Marno meskien moet ons die ouens `n fishing poll laat hou Die storie is al groot op OP. Hulle het reeds die beeld gekontak en carteblance en ook 3rd degree.As die ouens van sealine kan saamspan met OP kan ons indruk maak.Ons is tog almal hengelaars en fight vir dieselfde kant
 

marno

Senior Member
Ek stem saam met jou, die enigste probleem is baie van die ouens op Seailine hou nie van die ouens op Outdoor Pages nie en visa versa. Maar ek dink dit is tyd om die twis te los en saam te staan... Ek dink jy moet die ding begin. Ek staan rots vas saam met jou!!
 

hotstuff

Senior Member
JA almal baklei onder mekaar en wanneer dit saakmaak om bymekaar te staan in `n saak soos die wil niemand dit doen nie.Dit si mos maar soos afrikaners is net lis vir toi-toi
maar niks blaf nie.Die fight is nie teen mekaar nie maar wel vir iets wat ons in gemeen het.
 

marno

Senior Member
Ek is lus en skryf 'n brief vir nattur bewaring of iets, maar dit sal seker op dooie ore val...
 

hotstuff

Senior Member
Passop vir die manne wat geld gaan kry.Dit hang af van ons as hengelaars.Daar is seker tog baie manne wat advokate of prokureurs is op Sealine wat ook iets kan doen.Dit help nie almal pis `n straaltjie by as hy nog nie eintlik weet wat aangaan nie .Die emp het nog nie terug gekom omtrent my PM nie
 

marno

Senior Member
Ek het nou 'n artikel gelees waar hulle sê die projek het al in Januarie begin. Hulle moes al 'n klomp vis uitgehaal het. Die etters moes nooit riool in die dam in gepomp het nie, dan sou ons nie met hierdie probleem gesit het nie.
 

marno

Senior Member
Hierdie kom van 'n ander website af :

"Venter says the first harvesting of the undesirable fish started on January 15, 2008, and the fishery project task manager Professor Gert Steyn, states that he is satisfied with the progress made thus far."
 

hotstuff

Senior Member
Meskien is die vis net `n politiese storie om ons aandag weg te lui van die kak wat hulle in die dam pomp ek glo dit het te warm begin raak vir hulle
 

hotstuff

Senior Member
Sal vannaand weer `n straaltjie by pee ek het nog werk om te doen.Bel my as jy iets hoor of sien.Of pm of iets
 

Simen

Sealiner
Guys I know we all feel very strong on this point and tempers flare, but guys please watch the language.

Wat is die moontlikheid om met die Proffessor Gert Steyn 'n afspraak te kry en presies uit te vind wat hulle beoog. Waterwese het as 'n reel n redelike organisasie profiel en as n mens kan uitvind wat die hele storie is kan dit net makliker wees om daarop te reageer. kry eers hulle feite want dan is dit moeiliker vir hulle om van deuntjie te verander. Sou daar dalk iemand wees wat n direkte lyn na Etiene Kriel van die Stywe Lyne het, skakel hom ook. Hy het n manier om iemand te ken wat die storie agter die storie kan kry. Sal ook probeer om van my kant af vir Derick Watts van Carte Blanche in die hande te kry.
Ek stem heeltemal saam dat dit nie daar gelaat moet word nie, Maar voor ons oorlog toe gaan maak net seker dat die gewere met die regte ammo gelaai is.
 

hotstuff

Senior Member
Damprojek tydens bootvaart bespreek
Kenners en betrokkenes by die Hartbeespoortdam-projek het tydens die afgelope naweek se fees die geleentheid gehad om op die Hartbeespoortdam te vaar en gesprek te voer oor die rehabilitasie van die Dam.
Die kenners het dr Gerhard Verdoorn van Birdwatch en mnr Petrus Venter van die Departement van Waterwese en Bosbou (DWAF) en projekbestuurders van die Harties Metsi-a-me Projek ingesluit.
Talle besoekers van beide Hartbeespoort en elders was beindruk met die menings van kenners oor die groot planne wat DWAF het om die Hartbeespoortdam te herstel. Dr Verdoorn was van mening dat die planne om die oewergebied te herstel met inheemse waterplante nie net die vislewe sal bevoordeel nie maar ook voëls weer in groot getalle na die dam sal lok.
Mnr Ralph Havenstein, die voormalige hoof uitvoerende beampte van Anglo Platinum en tans 'n direkteur van onder andere Omnia was van mening dat die verwydering van sediment uit die dam 'n groot bydra sal maak om eutrofikasie as gevolg van oormaat fosfate te verminder. Hy was ook van mening dat die verwydering van die sediment ook 'n geleentheid bied aan die kunsmisnywerheid om fosfaat uit die sediment te verwyder vir hergebruik in die landbou.
Frikkie Botha, wat in die Meerhof gemeenskapforum dien en 'n lid van die Hartbeespoort Water Aksie Groep (HWAG) is ook baie beïndruk deur die groot belangstelling wat die Harties Metsi-a-me projek in die gemeenskap ontketen het. Hy het die voorstel van mnr Havenstein dat groot nywerhede belangstel om hulle gewig in te gooi om omgewingsprojekte te ondersteun deur betrokke te raak by die projek verwelkom
 

Tilapia

New member
You have it all wrong! Bloemhof dam is a perfect example where commercial uitilisation of carp over the past decade or so has provided the essential biomass management to ensure that the dam does not become over populated. The result is that BLoemhof is still regarded as the premier carp destination in the country by tens of thousands of anglers. So get wise and read about DWAF's Remediation project which will restore Hartbeespoort to at least 80% or moer of its former glory.

Proper fishery management has NEVER been implemented at Harties and only now is a start being made. Bear in mind also that it is a public access dam and not a specimen carp fishery.    
 
Top