Morning Blok.
Jy moet ook altyd in gedagte hou dat die "locals" nie daarvan hou dat jy "geheime" van 'n sekere plek moet uitgee, want dan sak die arsevoels toe
Soos byv die engelse ou Grom Gat oom by Bettysbaai, (hy bly in een van die huise agter die duin by Davidskraal) wat moeite sal maak om elke keer na jou toe stap en kom konfronteer dat jy (wat nou al vir die 10de keer met 'n mombakkie huis toe is) die see leeg vang, want soos hy vertel"
Toe sy pa en oupa nog gelewe het, het hulle geelstert met 'n handlyn by Davidskraal gevang, nou is daar niks.
Ek vra hom toe: Speel oom golf? Hy vertel my van sy voorgee, sy nuutste golf buggy en hoe hy elke woensdag en saterdag golf speel in Kleinmond.
Toe se ek vir hom "Oom ek dink die regering moet hoierdie klomp golf bane toemaak en die grond vir lae inkomste behuising gebruik, want die oop grond van 50jaar gelede, is nou almal golf bane"
Hy loop deesdae verby my, sonder om te groet.