Hallo daar kan iemand my asb help ek soek 'n plekk

Exiled4Life

Senior Member
Hallo daar kan iemand my asb help ek soek 'n plekkie waar ek in chalett of net 'n huisie. Kan gaan oornag langs die modder rivier. En waar ek lekker kan hengel asb
 

Astrix

New member
Hallo Exiled4Life


Ek het daar geswot vir 'n leeftyd.  In die tyd het ek baie daar gaan hengel by 'n vriend se private gronde by Renoster spruit.  Uitstekende hengel area vir kuns aas baber klop en sommer net papgooi.  Groot visse net moeilik om uit die riete te hou.  Ek weet daar naby Glen College is 'n paar plase wat geriewe het maar dink nie dis great nie het hul van die bootjie af gesien terwyl ons baber gesoek het.

Grootste baber is 15kg en karp 8kg.  Dink egter die potensiaal is baie beter as wat ons kon doen.  Visse hou van sagte geure en self 'n bruin broodjie met vanilla werk goed asook die gewilde FX,pink sweets en met uitsondering wintergreen.  Het nog nie baie tigernuts probeer nie maar hul is maar traag om op die goed te byt, dink goeie voer kan dalk die werk doen.  Het self op Biddulphs Boilies goeie vangste gehad.  Grootbek geles vanh jy op spinners of lepels soos efzette se heel kleinste lepeltjie.  Baber hou van daai strike pro se wit lyf rooi kop jerk bait. 

Regtig die moeite werd om die modder te gaan hengel, net na reen is dit nie die moeite werd om jou tyd te gaan mors nie.  Gewoonlik tel die tempo op na die eerste goeie reen en die sagte sediment weggespoel het.  Daar is baie versteekte boomtakke en gemors onder die water.  Hartseer om al die "junk" wat daar afspoel te sien.

Hoop jy kom reg, daai plek is een van die onondekte diamante in ons land.
 

Exiled4Life

Senior Member
Thanx vir al die info ek het 2 weke terug op 'n plek gaan hengel verby maselspoort onder deur die n1 brug ons het baie karp gevang en baie baber niks te groot nie 5kg elk

Weet jy nie dalk van 'n spot dedelik naby aan die basis waar ek kan gaan hengel op iemand se gronde wat nie sal mind nie ek meen dat ons iets reel

Ek wil 'n rustige plekkie kry waar niemand pla nie waar ek kan voer en myself geniet weg van die werk se stress
 

Astrix

New member
Ek het nie die ouens se nommers wat daar plekkies vir hengel het nie en die pel wat ek daar gehad het saam wie ek daar gehengel het, trek Januarie weg.  Ek ry maar deesdae na die omliggende damme hier in Lichtenburg, Bloem is nou te ver vir 'n naweek.  Sal hoor of ek nommers van ouens daar kan kry.  As ek jou raad kan gee dink ek jy moet net gaan vra by Western Accesories en Kloppers hul het gewoonlik daai inligting beskikbaar.  Moet se daai Western Accesories is seker die beste viswinkel in bloem met die mees redelike pryse, kloppers is maar duur jy moet jou pryse ken voor jy daar iets koop.  Glen is so 20km uit bloem uit op die meeste 25km, het altyd die Brandford pad gery, maar sien daar is nou padwerke.  Krugresdrif dam is seker die dam met die beste baber moonlikhede wat daar is.  Toe ek nog op Varsity was het daar 'n ou op vlieghengel van die kant af 'n 20kg Baber gevang!  Ek het self al mooies daar gevang, gaan kyk aan soetdoring kant nie die kompitisie gronde nie daar is mooi karp ook.  Vra maar rond daar by die laaste baai voor die inlaat, daar is 'n punt, die ouens hengel baie daar so jy moet wakker wees om 'n plekkie te kry, maar daar is 'n lekker diep sloep wat baie goeie vangste oplewer, as ek reg onthou het 'n ou my al van 'n 12kg karp daar vertel, self het ek baie 7kg en 8kg karpe daar gesien uitkom, jy moet net jou lood stoot daar haha!
 
Top