Herman Nel
Senior Member
Hallo almal!
Aangesien die spawn nou hier is het ek dit goedgedink om die artikel oor die broeigewoontes van Bass wat ek gedoen het in Stywe Lyne so jaar of wat terug op te sit op Sealine.
Sal later die fotos opsit ...die formaat moet verander word.
Geniet dit!
Herman
Alles oor die “Spawn†]deur Herman Nel
Dis alweer daai tyd van die jaar wat die grootste baars gevang kan word, mits jy goed beplan en die broeiproses verstaan.
Vir almal wat nog ooit gewonder het oor die broeigewoontes van swartbaars werk en as jy bereid is om die groot visse versigtig te hanteer en vinnig vry te laat, is die artikel vir jou . Maar jy een van daai hengelaars is wat nie “catch en release†nie, blaai asb onmiddelik om want die artikel is nie geskik vir jou nie!
Is dit eties om te hengel in die broeityd? Persoonlik voel ek dat as jy die visse respekteer , reg hanteer en vinnig weer vrylaat dat hulle die broeiproses kan voortsit is dit reg. Verder in die artikel sal ons hantering bespreek.
Beplanning en voorbereiding
Kyk in hengeltydskrifte by lesers se vangtse en stel vas of daar groot vangste in die dam is waar jy wil hengel. Mooi groot baars is baars wat so 3,0 kg en groter is.
Jy kan ook by hengelwinkels met die mense wat daar werk praat want hulle weet ook gewoonlik waar is groot baars onlangs gevang.
In die Suidelike halfrond broei baars gewoonlik op die Noordleike oewer omdat dit vroeg lente meeste konstante son kry vir optimale verhitting van die eiers. Hier span ek Google-Earth op die Internet in en druk kaarte van my teiken damme.
Dan merk ek met ‘n highlighter die Noordelike banke en gaan soek die visse eerste daar.
Hou jou kamera naby en maak voor jy gaan hengel seker dat die batterye gelaai is.
“Prespawnâ€
Hier in die Nelspruit area waar ek woon begin die broeiseisoen na die laaste volmaan in Julie. Dit vind wel later plaas in die kouer dele vd land soos Sept ,Okt en selfs November.
Hierdie huidige jaar (2008 ) is 18 Julie volmaan en as die water na die volmaan 13 tot 15 grade Celsuis haal begin die visse uitbeweeg na die “spawning flatsâ€.
Jy sal eers mannetjies sien op neste terwyl die wyfies net buite menslike visie wag in effe dieper water .
Die mannetjies maak neste gewoolik sodat hulle nie ander baars kan sien nie veral tussen watergras kolle, en ook so 5 tot 10 meter uitmekaar uit. Die nes moet na aan diep water wees en beskik oor ‘n ferm bodem wat maklik skoon gewaai kan word met sy vinne, soos gruis, sand en klippe. Die nes is gewoonlik 60-100 cm breed, 10-20 cm diep in die sand , en in 40cm tot 1.2m diep water .
Hierna sal die wyfie ook nes inspekteur en as sy die nes goedkeur gebeur die dinge…
As die water temp 17 tot 18 grade vir paar dae is en die weer konstant is sal die wyfies by die mannetjies aansluit. ( Gewoonlik is dou op die gras soggens ‘n goeie indikasie van konstante, warm weer vir ‘n paar dae )
Die baars soek gewoonlk ook die skoonste water in die dam op, bv nie by die inloop waar lente reen die water troebel kan maak nie.
Die mannetjie pas die nes op waai met sy stert-en-analevinne die gruis/sand skoon.
( die vinne is baie keer rou en beskadig ) Hy eet ooknie in die tyd nie maar val ander visse aggressief aan wat oor of te na aan die nes kom.
“Spawnâ€
Die mannetjie byt en stamp aan die wyfie om haar nader te trek na die nes. Van die ryp eiers word dan vrygestel uit wyfie se eiersakke wat hy dan met sy saad bevrug. Die wyfies sal ook hulle geswelde pense vol eiers teen harde voorwerpe soos boomstompe of klippe skuur om waarskylik ryp eiers los te maak vir vystelling. Om die swaarste vis te vang , probeer wyfies met eiersakke vol eiers vang – ‘n volwasse wyfie kan tot 1kg eiers dra! Die wyfies dra ongeveer 2000 tot 3500 eiers per kilogram liggaamsgewig. Die eiers mag op verskeie neste gelaat word soos dit ryp word . Daarna vlug sy diepwater toe vir so1 tot 3 weke voor sy weer aktief begin voer. Partykeer kan eiers ook herabsorbeer word in die wyfie se liggaam vir voedingstowwe aangesien sy vir lank nie eet nie. Dit gebeur ook as daar skielike watervlak dalings plaasvind en die broeiproses moet oorgeslaan word.
Die eiers is sag, klein, geel en taai. Die mannetjie waai hulle skoon met sy vinne en stert vir suurstof en beter sonlig penetrasie. Hy voorkom ook fungus infeksies deur dit te doen . Die eiers lyk soos geel kolle in die middle vd nes, teiken dus die geel kolle as jy die mannetjie wil vang.
Meeste van tyd vind die paarproses plaas vroeg aand/skemer wanneer die bergwind en seewind ( anabatiese en katabatiese ) ruiling plaasvind en die vlakwater baie stil is. Hulle dan veilig van bv visarende en ander roofdiere in die swakker lig en daar is nie te veel golwe wat die eiers se al na die nes sal belemmer nie.
Wyfies voer ook hier in skemer en die donker en eet veral krappe en in Amerika “Crawdads†( vir kalsium en ander minerale ).
Groot bass “spawn†voor jonger en kleineres, waarskynlik omdat hulle meer eiers gaan vrystel en groter bass het beter gene wat dus eertse versprei moet word. So jy moet al vroeg in die seisoen begin trofee swartbaars soek.
“Post spawnâ€
Die eiers broei uit in water van 21 grade Celsius in onegveer 2 dae en in water van 18 grade Celsius in 5 dae. Die kleintjies is dan so 5mm lank en pikswart.
Kouefronte kan die uitbroeiproses verder vertraag tot 2 weke.
Die baba vissies sal so week tot 10 dae naby nes en die mannetjie bly en dan skole vorm en beweeg na struktuur. Die mannetjie pas hulle op so totdat hulle so 3,5 cm bereik. Daarna los hy hulle en sal hulle selfs begin eet !
Partykeer sal die baie groot wyfies die mannetjies help die nes en kleintjies oppas.
Gebruik dus ‘n “babybass†patroon kunsvissie in die tyd.
Ander mannetjies sal ook klein baarsies begin jag om seker te probeer maak hul broeisels en gene oorleef.
Boot vs oewer?
Persoonlik verkies ek oewerhengel bo boothengel in areas waar jy vd kant af kan hengel in die broeityd.
Ek voel dat as ek myself goed kammofleer en die agtergrond van bv gras of bosse agter my het, sal die visse na ‘n ruk vergeet van die voetstappe wat hulle dalk opgetel het toe ek hulle bekruip het. Van 12:00 tot 14:00 is die son hoog en die visse se skaduwee verklap hulle. Verder val jou skaduwee op jou voete nie op die water nie. Vir minder opsigtelikheid dra gekamofleerde of groen/bruin klere en vermy helder klere soos wit, geel en rooi. Verder help die “cammosâ€ook dat ander hengelaars jou ook nie so maklik opmerk nie en sodoende nie die neste ontdek waarvoor jy al die werk gedoen het nie!
Nog voordele van oewerhengel is dat daar ook nie die boot se skaduwee op die dam se bodem gegooi word nie, en ook geen vreemde sihouette van ‘n boot as die visse opkyk oppervlak toe nie. Die geraas van ‘n elektriese motor of beweging van die lemme, of roeispane wat teen die boot kap kan ook die vis afskrik.
Onthou ook dat jy nie die wyfie se“escape route†of pad diepwater moet blokkeer nie. As jy dit doen gaan jy definitief sukkel om haar te vang want sy gaan nie op haar gemak voel nie.
“Nest robbersâ€
Alhoewel ons nie salamanders en newts in ons waters het nie, is dit hulle wat swartbaars die meeste haat omdat hulle eiers vd neste af roof in die VSA waar albei spesies woon. Ons swartbaars hier in Suid Afrika gryp Lizzard/Salamander tipe kunsaas nogsteeds met passie. Hoekom?
‘n Hond word nooit geleer om ‘n kat te jaag en te haat nie, dit is geneties geprogrameer in hulle. Net so weet swartbaars dat Lizzards/Salamanders in sy broei area moet dood want hul beteken moeilikheid.( Die baars weet dalk net nie dat hy nie in die VSA is nie!)
“Nest robbers†hier by ons is platannas , krappe , likkewane , karp , kurpers , babers , blouwang sonvis en selfs forelle in damme waar beide spesies voorkom.
Tegniek
Dra altyd brille met gepolariseerde lense om makliker visse te kan sien. Onthou hoe meer afstand tussen jou en die vis hoe beter, want hulle KAN jou sien!
As jy ‘n nes kry met ‘n mannetjie en wyfie op en hulle vlug nie as hulle jou sien nie (as jy hulle sien het hullle jou waarskynlik lankaal gesien!) is jou kanse baie goed om hulle te vang.
Wanneer jy bv op ‘n groot dam hengel merk al die neste op’n GPS of kaart wat jy kan teken en identifiseer die vis wat jy wil vang. Probeer so lank as moontlik om jou teiken vis te irriteer. Verlede jaar die 14de Augustus het ek vir bykans 3 ure by een nes gesit en na seker 80 probeerslae eers die wyfie gevang van 4.5 kg!
Verder het ek terwyl ek haar probeer vang het ook ‘n baie groter wyfie opgemerk wat so 5 meter dieper rondgehang het. Sy wou egter nog nie byt nie maar ek skat dat sy oor die 80 cm lank en maklik 6 kg plus was! Miskien hierdie jaar?
Indien jy ‘n nes opgespoor het met 2 visse in , kyk wat gaan aan voordat jy gooi.
Werk jou plan uit van waar jy die vis gaan land en of daar bv genoeg plek agter jou as jy wil kap,( maw is daar dalk boomtakke ens) Maak ook seker die katrol se rem is effe los sodat die vis nie jou lyn breek op so kort afstand as hulle die aas gryp of skielik omswaai tydens die geveg nie.
Die wyfies is gewoonlik heelwat groter as die mannetjie.
Flip ‘n “jig†of “plastic lizard†of “creature bait†veby nes en trek dit tot in die nes.
Die mannetjie sal waarskynlik eerste aanval en die aas gryp , maar probeer om nie te kap as hy die aas in sy mond het nie. Los hom en hou dop hoe hy dit weer uitspoeg.
Onthou as jy die mannetjie eerste vang en uithaal gaan jy dalk die wyfie wegjaag vd nes area af!
As jy die patroon so paar keer herhaal sal die wyfie haarself “verviesâ€omdat die mannetjie nie met die indringer kan afhandel nie en die aas dan self hardhandig bykom! Hou haar rug en stertvinne dop vir beweging of verandering om te sien wanneer sy gaan toeslaan. Wees dan gereed om hard te kap, en haar so gou as moontlik uit te kry om stres te verminder vd geveg.
As dit nie werk nie probeer ook vd sagte “swimbaits†op die mark wat sink en lyk soos bv Bluegills of Kurpers. Gooi ver anderkant die nes en katrol die aas in totdat dit sink binne in die nes.
Nog iets wat baie goed werk is ‘n “weightless tube bait†veral in wit.
Hantering
Gebruik altyd nat hande as jy die vis hanteer. Ondersteun die maag van die vis saggies met jou hand. Probeer liefs die vis in die vlakwater hanteer terwyl jy die onderkaak styf met jou duim vashou. Moet NOOIT aan die vis se rooi kief membane raak nie want dit kan bloeding of infeksies veroorsaak!
Moenie die vis vir langer uit die water hou as wat jy jou asem kan ophou onder water nie, probeer dus “uit die water sessies†tyd te beperk na so minuut op ‘n slag.
As jy vis in “livewell†of selfs tydelik in koelboks met water gaan sit,hou ook die volgende in gedagte. As jy die vis te lank weg hou vd nes kan die sogenaamde “nest robbers†in beweeg en die eiers opvreet.
Gooi “non iodised salt†in die “livewellâ€-die verhouding is‘n kwart koppie sout vir elke 20 liter water. Onthou asb,dit MOET “non iodised saltâ€wees!
Die sout verhoog die vis se slym produksie vd vel en in die hanteringsproses gaan jy vd slym dalk afvee. As daar te veel slym afkom kan die vis bakteriese infeksies opdoen en dit of oordra na die eiers in die nes en selfs doodgaan.
Gooi ook so 10 blokkies ys vir elke 20 Liter water in. Dit koel die water gou af en hou 3 voordele in : Eertens hou koue water surstof beter as warm water.
Tweedens maak die kouer water die vis se metabolisme stadiger en vertraag melksure ( wat gevorm het tydens die geveg ) se verspreiding.
Derdens omdat die vis se metabolisme stadiger is, gaan die vis deur minder stres.
Koop by troeteldierwinkel of hengelwinkel ‘n “portable airator†vir wanneer jy ‘n koelboks wil gebruik . Dit werk soos ‘n gewone vistenkpomp en maak baie suurstof borreltjies. Dis redelik goedoop en werk met gewone batterye.
Die onofisiele wereld rekord swartbaars, gevang in Amerika - 25.1 lbs of 11.38 kg!
As ek so kyk na die hengelaar se warm kleredrag en die wyfie se pens vol eiers kan ek sommer raai wanneer sy gevang is…vroeg in die spawn seisoen.
Gebruik die inligting van die artikel reg en be-oefen asb vang-en-vrylaat.