Hair Rigs

Pan

New member
Sukkelmaar. Ek sien jy wil spesie metodes gebruik ? Duidelik om groter Karp te teiken ?
Gaan loer bietjie rond daar by die spesie afdeling en sorg dat jou toerusting vir CarpCare in plek is, alvoorens jy dit doen asseblief...
 

Pan

New member
Dan is jou kop duidelik reg aangeskroef. lol
Miskien moet ons jou probeer "convert" na specimen ?
 

Pan

New member
Dis eintlik baie voordelig sien.
1. Meer tyd vir braai.
2. Meer tyd vir dronkword.
3. Meer grooter vis ?
Eish!!! Nou gaan ek gemoer word. lol
Net 'n joke ouens...
 

Sukkel maar

Senior Member
HAHAHAHA!!! Klink heel kwaai vir my! HAHAHAHA!!! Ek en my swaer try so stadig maar seker in die specie ding in kom. Geniet nog ons papgooi , maar net lus vir iets nuuts.
 

Pan

New member
Ek doen dit so saam saam. Gooi maar pap om my besig te hou terwyl ek wag vir die spesie stokke om te roer...
 

Naruto

Sealiner
Sukkel maar wrote:
Dis basies wat ek wil try. Wil een stok net laat le , maar wil nog steeds besig bly met papgooi.
Ek het dit al vele kere probeer, maar nog niks sukses gehad nie. :cry1 Nog net reel-runs, maar niks aan die lyn nie. Daar is lyk my meer aan spesie henel as net om n hairrig te maak en n boilie aan te sit. Die hoek moet kan draai en ek weet nie wat nog als nie. Maar ek gaan nie opgee nie. :fishn:wfish
 

Sukkel maar

Senior Member
So leer ons. Een van my vriende is ok in specie hengel in. Sal by hom leer. Hulle gaan juis die naweek Koppies toe vir 'n club comp.
 

Sukkel maar

Senior Member
Glad nie goed nie. Net soos jy dink die son brand nou lekker dan begin die reen en dan die wind en so het dit die heel naweek aangegaan. Die ergste was daai wind. Ek moes naderhand my hele kit afslaan , want die wind waai als om. Ek't my vinger gesny en nael gebreek met 'n cast , 100m lyn verloor en , en , en......Glad nie my naweek gewees nie.
 

Pan

New member
Naruto. Plaas jou klaargemaakte haarstrop met aas aan natuurlik in jou handpalm. Trek nou aan die lyn. Nie ruk nie, jy gaan jouself vang.lol. Die rig moet nou draai en die hoek se punt in jou hand hak. Dan is jy verseker vir 'n goeie hookup in die onderlip. Indien hy dit nie wil doen nie, is jou rig nie reg nie. Moet ook nie aanslaan met die eerste piep van die alarm nie. Partykeer eject die vis hom 'n paar keer voordat hy hak. Wanneer hy die hoek voel in sy lip gaan hy gatskoonmaak en jou alarm gaan skree dat die biesies bewe. Dan maak jy vas...
Sukkel maar. Ja die weer wil nie altyd saamspeel nie ongelukkig. Hier is ek gewoond aan sterk wind. Het Sondag toe ek gaan prebait het weer die geval gehad dat ek vir die middel van die eiland moet gooi om aan sy linkerkant uit te kom. lol
Een ding wat ek hier geleer het is dat as die wind nie waai nie. Los maar jou stokke by die huis en gaan geniet die natuur.
 

Sukkel maar

Senior Member
Dankie vir die tips Pan. Ek sal dit self in gedagte hou.
Ja nee kyk. Ons sukkel met die wind. Ergste is net dat jy als moet vashou en aftrek en opslaan ens.
 

Naruto

Sealiner
Thanks Pan and Silver_Foxx. Will try it next time.

Jammer om te hoor Sukkel Maar. Hou moed. Ek hoor dinge gaan al klaar beter by die Vaal.
 
Top