HAAR PA !

Fanie

Sealiner
01: *Alle aansoeke moet vergesel word van:*

· 5 kg (of meer) biltong.
· 12 bottels K.W.V. Roodeberg.
· 12 bottels Single Malt whiskey.
· 1 kas Heineken
· 'n *Betaalde* jagsafari van 14 dae in Kenia vir 4 persone..

02: Hierdie aansoek sal as onvolledig beskou word en dienooreenkomstig
afgekeur word indien enige van die volgende *NIE* aangeheg is nie:

· Volledige finansiële state van die afgelope drie jaar..
· Skool- en Universiteit geskiedenis (nie Technicon, Kollege of enige iets
anders nie)!
· Werksgeskiedenis en -rekords.
· Familiegeskiedenis van die laaste 200 jaar (*Anglo-Boereoorlog hensoppers,
joiners of vermyders kan net hier opgegee word*).
· Afskrif van Bestuurderslisensie en Polisie rekords.
· Volledige mediese ondersoek onderteken deur 'n goedgekeurde Dokter en
Psigiater. *

PERSOONLIKE INLIGTING*

NAAM EN VAN:
...............................................................................

BYNAAM: ..................................................
.....................................


(Enige diername by bogenoemde sal tot afkeuring lei)

GEBOORTEDATUM:
.............................................................................


LENGTE:
................................................................................................


GEWIG:
................................................................................................


I.K..:
...


SKOOL GEMIDDELD:
............................................................................


I.D. NO:
..................................................................................................


BESTUURDER LISENSIE KODE:
...........................................................

VOORTREKKERRANG (TANS) EN KURSUSSE VOLTOOI:
....................................................

...


HUISADRES EN TEL NO:
...................................................................................................


...


DORP OF STAD:
...


KODE: ...................................................................


Het jy *een* manlike en *een* vroulike ouer? ...................... Indien *
nee* , verstrek redes: .......................

...


Aantal jare wat hulle getroud is: ................................ Indien *
korter* as jou ouderdom, vestrek redes:


...


Besit jy:

· 'n Kombi? .................................
· 'n Ford Sierra? ...........................
· Enige ander kar met 'n drukvin en allooiwiele wat nie standaard is nie?
............................
· 'n Waterbed? ............................
· 'n Bakkie met 'n matras agterin? ..........................
· Kondome? ..................................
· Enige pornografie? .....................
· Dra jy 'n oorbel, neusring, naeltjiering, ens? ........................
· Het jy 'n tattoeërmerk? ..............
· Rook jy? .........................

· Suip jy? .........................

*Indien enige antwoord op enige van die bogenoemde vrae JA is - moenie
voortgaan met die voltooiing van die aansoekvorm nie, (vir veiligheidsredes)
en verlaat onmiddellik die perseel. *

In minder as 50 woorde, wat beteken *"LAAT"* vir jou?

...


...



In minder as 50 woorde, wat beteken *"MOENIE AAN MY DOGTER RAAK NIE" *vir
jou?

...


...


...



In minder as 50 woorde, wat verstaan jy onder *"GEHEELONTHOUDING"*?

...


...


In minder as 10 woorde, wat verstaan jy onder die volgende: *

KASTREER?*...


...
... *

GENADEDOOD? *
...
......

...
....


In *NIE MINDER* as 5000 woorde verduidelik wat jy verstaan onder die woord *
"VRY".*
(Skryf dit op jou eie papier en voeg by aansoek).

Naam en adres van die kerk wat jy bywoon:
..............................................................................


Hoe gereeld woon jy kerkdienste by?
.........................................................................................


Wanneer sal die beste tyd wees om die volgende persone te ondervra:

· Vader: ................................................
· Moeder: ...............................................
· Predikant: ............................................
· Paroolbeampte: ......................................
· Vorige drie meisies: ..................................


Sal jou ouers hulle vrywillig aan genetiese toetsing onderwerp of sal
doofpyle gebruik moet word?

...


Enige besware teen die deursoeking van jou persoon, voertuig, hok, gat of
enige ander blyplek?

...


Voltooi die volgende sinne:
Antwoorde sal as vertroulik beskou word.

Indien ek raakgeskiet word, wil ek nie in/op my
.............................................. raakgeskiet word nie.

Indien ek geslaan word, wil ek baie graag *NIE* die volgende bene gebreek hê
nie: .........................

...
..........

'n Vrou se plek is in die:
...
.....

Die een ding wat ek hoop *NIE* gevra sal word in die onderhoud nie, is:
........................................

...
.........

Wanneer jy 'n meisie vir die eerste keer ontmoet, wat sien jy heel eerste
raak? ............................

...
........ *

NOTA: *Indien enige liggaamsdeel genoem word wat begin met 'n *"P", "T", "D"
* of *"G", *stop dadelik en verlaat die perseel.*
Terwyl jy die perseel verlaat, hardloop in S'e en hou jou kop laag! *

Wat wil jy word *INDIEN *jy *moontlik *groot word?
..........................................................................

Wat is die huidige tariewe van 'n hotelkamer?

..............................................................................
...........

Kondome kom in pakkies van: (omkring een):

· 3
· 6
· 9
· 12
· Al die bogenoemde

Hoe weet jy dit?
...
.........

………………………………………………………………………………………………………………………………….

HIERMEE BELOOF EK PLEGTIG DAT AL DIE BOGENOEMDE INLIGTING KORREK EN WAAR IS.


VERKEERDELIK VERSKAFDE INLIGTING MAG (*SAL/KAN? - JOU KEUSE!)* LEI TOT DIE
DOOD, ONTMANNING, DIE VERLOOR VAN LEDEMATE, ROOIMIER-MARTELING, KRUISIGING,
ELEKTRIESE SKOK, CHINESE WATERMARTELING *EN/OF *ROOIWARM YSTERTOEDIENING.

............................................................................................

NAAM EN HANDTEKENING

Dankie vir jou belangstelling.
Laat asseblief 4 tot 6 jaar toe vir prosessering.
Jy sal skriftelik in kennis gestel word indien jou aansoek aanvaar word.
Moet asseblief nie probeer om telefonies, elektronies, skriftelik, per
posduif, vingertaal of deur middel van rooksiene in verbinding te tree nie.
(DIT KAN/SAL/MAG TOT ERNSTIGE BESERINGS LEI)

L.W: lndien jou aansoek afgekeur word, sal jy persoonlik in kennis gestel
word deur twee here in swart pakke met wit dasse wat elk 'n viooltas dra.


Groete,

HAAR PA.
 

Fanie

Sealiner
Kommentaar gelewer oor bg...

They say "guns don't kill people, it's fathers with pretty daughters that kill people"

Jy ken hulle uit as die ouens wat gewoonlik heelwat ouer lyk as wat hulle werklik is en het gewoonlik so 'n afgematte uitdrukking.

Soms dink ek hulle wil heimlik hê dat die volgende amper oraait ou wil trou sodat die verantwoordelikheid net kan aanskuif.

My oom het altyd gese: "As hulle voete ophou groei, begin die ander goed groei en dan begin 'n pa se moeilikheid."
Sal maar elke aand as die foksteriers kom kuier my gewere sit en skoonmaak in die sitkamer..........by hulle

Sal daan n shotgun moet kry anders gaan jy jou roer se groewe wegskoonmaak. Dis nou as jy n paar dogters het.

Ek het twee, gelukkig groei die voete nog.
Twee is seker 'n geldige rede om 'n haelgeweer en nog so paar roere ook nog by te kry.
"n Man moet darm bietjie afwissel met die skoonmaak.

Hulle se as jy n laaitie het pas jy net een op maar as jy n dogter het pas jy n distrik se laaities op!!!

Blik rekkies en die tang moet sommer op die koffietafel staan

Dink net, As jy daai rekkies aansit dan hoef die ander pa's klaar oor 1 minder rammetjie te stress. Ons moet net 'n data bank opstel van "veilige hammeltjies"
 

Fanie

Sealiner
Ek dink mens is bekommerd oor jou kinders (en wat van hulle gaan word), tot op 'n stadium. Dan erens verander dit en dan is hulle nou weer bekommerd oor jou.
 
Top