Haai Wysheid

will101

Senior Member
Twee groot wit haaie swem in die see en sien ‘n skip wat sink.

“Volg my, seun” sê pappa haai vir sy seun en hulle swem tot by die skip.

“Eers  swem  ons  om  die mense in die water met net die puntjies van ons vinne wat wys”

En hulle doen dit.

“Knap gedaan, seun! Nou swem ons om hulle met ons hele vinne wat wys.”

En hulle doen dit.

“Nou eet ons almal.”

En hulle doen dit.

Toe  albei  dik  gevreet is, vra die seun, “Pa, hoekom het ons hulle almal nie sommer net van die begin af opgevreet nie? Hoekom moes ons al om hulle swem?”

Sy wyse pa antwoord, “Want hulle proe beter sonder die $tront binne-in.”
 
Top