Groot karp hengel vs papgooi

Monsoonwave

New member
Hi,

Ek is n papgooier. Tog stel ek ook belang in die tegnieke en kuns in groot karp hengel. Dus probeer ek soms om dit n bietjie te kombineer op my manier...

Ek kon nooit verstaan die geheim houding en "issues" van die groot karp manne teenoor ons papgooiers nie, hoekom die groot karp water en plekke nie gedeel word nie. Baie daaroor begin lees en besef dit gaan oor versorging van karp ens.

Nou ek hou nie n kiepnet aan nie. Ek glo ook aan catch en release en om die vis reg en met respek te hanteer. Om hul wonde te behandel, foto te neem en dan weer met sorg in die water te plaas.

Ek was die naweek by n visvang kompetiesie. Ek gaan net se by Bronkies.
En daar het my oe oop gegaan en het ek besef hoekom die groot karp manne is soos hulle is. En nou haal ek my hoed vir hulle af.

Die vis is kiepnette aangedra na die weeg area toe. In kratte GEGOOI om geweeg te word. Dan het die ou die karp net so uit die krat terug GEGOOI in die kiepnet. n Ander ou het sommer die karp aan hul kiewe uitgelig en in die krat gegooi. Sommige karpe was bebloed, ander se skubbe was orals sigbaar. As n karp se rugvin in die kiepnet vas gesteek het, is hul hard geskud tot die vis los geval het. Ander het die karp laat val tussen die oor gooiery...

En daar wou ek my kop in skaamte laat sak... Ek was skaam om n papgooier te wees. Ek was skaam om geassosieer te word met die kompetiesie...

Ek het verwag dat dit nie so sou wees nie, juis omdat n nasionale klub dit gereel het. Maar ek was hard ontnugter.

En nee, ek trek nie al die papgooiers oor dieselfde kam nie, want die enigste vis wat met respek hanteer was, was di ou wat gewen het. Hy het die vis uit n sling sak gehaal, versigtig in die krat geplaas, en toe die omie by die skaal net die vis terug wou gooi, het hy die man gekeer en weer die vis versigtig uit die krat gehaal en terug geplaas in die sling sak. En net daarom vir my was hy die wenner.

Groot karp hengelaars - ek neem julle nou geensins meer kwalik dat jul als "geheim" wil hou nie, want ek sal presies dieselfde doen.

DANKIE dat julle ons vis beskerm.


::respekt:
 

Lance R

New member
One can still practice carp safety even though you are a conventional angler. It is not only about the equipment but most importantly about the attitude

((goodp_
 

Lance R

New member
One can still practice carp safety as a conventional angler. It is not only about the equipment but most importantly the anglers respect and attitude towards other living creatures.

((goodp_
 

Redro

New member
Yes, ek is ook maar "papgooier" en het ook al skaam gekry vir mede hengelaars, het eenkeer ou gesien wat so kwaad was toe baber sy hoek vat dat hy letterlik die ding dood geskop het, persoonlik gooi ek alles bo 4kg dadelik terug en hou kleiner wel in hounet en vat dit dan vir either werkers of gee dit vir behoeftiges op straat
 

HennieB

Sealiner
Mens moet nie te vinnig wees om enige kant van karp hengel ouens te oordeel nie. Meeste van ons was eers konvensionele hengelaars en ek kan eerlik se ek het glad nie 'n probleem konvensionele hengel of hengelaars nie, maar ek het 'n groot probleem met ouens se gedrag en hoe hulle vis hanteer en dit geld vir beide dele van karp hengel.

Ek was Julie maand by Tzaneen vir 'n week en so teen die Woensdag daag daar ouens by die plantasie op met 'n bootjie en doen so bietjie recon en watercraft. Vrydagoggend vroeg is hulle terug en met die son opkoms vang my vriend 'n karp, ons moet die vis gaan haal met die boot en hulle kon toe sien waar ons min of meer hengel. Behalwe dit het ons 'n merker uitgesit maar dit het hulle ook nie gepla nie. Die ouens het hul lyne by ons sin kom drop met geen skaamte nie en het ook die vermetelheid gehad om vir ons te se ons hengel op hul oewer.

Dit was elke aand 'n gekuier en die vis wat hulle gevang het was ook in 'n keepnet gesit en hierdie was ouens met pods, big pit katrolle, boot en fish finder ens. Dis waarom ek veral nie met mense deel wat ek nie persoonlik ken nie. E het ook 'n groot probleem met artikels in tydskrifte en programme op tv deer sogenaamde bekendes wat damme links en regs bekend maak want die verkeerde ouens sien dit.
 

EugeneC

Sealiner
Gentlemen, being a "papgooier" does not automatically mean you don't care for the environment or fish, just as fishing "specimen" doesn't mean you necessarily respect the sport or fish. It all comes down to individual attitude and behaviour.

I have friends who enjoy conventional carp angling and aren't interested in specimen carping, who take just as good care of they catch and are very good at their craft.

A couple of years back I was fishing a dam near Stellenbosch with my father. The dam also holds a small head of trout and happens to be quite popular with fly anglers on weekends. Now we all know that fly anglers are generally considered to be respectful of the environment and the sport of fishing.

One of the anglers hooked a small carp by mistake on his 3 or 4 weight fly rod and, probably never having had to deal with a fish that fights that hard, in no time his rod was snapped in half because he tried to stop the fish. He managed to handline the fish in and when he got it on the bank he picked up a piece of wood and bashed the fish's head in, leaving it right there.

Again, the point is labeling yourself as a specimen angler or papgooier, or fly angler or whatever it may be, is free and easy. It means nothing. As the saying goes, action speaks louder than words.

Monsoonwave, it's great that you recognise the need to practise proper fish care, but don't be fooled into thinking all so-called "specimen anglers" are what they make themselves out to be.
 

Monsoonwave

New member
Baie waar Eugene.

Dit gaan oor die individu.....sy mens wees....

Ek kan dink die ou wat die karp en die baber so dood gemaak het, slaan seker sy hond so by die huis....

Ai, bly maar hartseer...
 

necrovis

New member
Ja nee, so sien ons elke dag manne wat geen respek het vir die sport van ons nie.

Ons het al ver gekom met algemene karp hengel, vanaf on staal kiep nette tot vandag waar ons netjiese landing matte het.

Rakende die hengelaars wat hul plekkies geheime hou.... Hoekom dan nou nie? Jy dink jy doen iemand n guns en so raak die lyntjie langer en op die ou end lok dit allerhande ongierige karakters wat jou sport en jou area bederf (ek weet, ek het al 1 of 2 keer self die bloukie geloop)

Of ons nou n "papgooier" of n "spesie" hengelaar is, ons is almal hengelaars en ons almal geniet die sport. Ons moet dieselfde respek handhaaf albei kante toe.

Ons moet bewaar wat ons het, albei ons sport en ons natuurskoon.
 
Top