Groen snoterige slyk van lyn afhou

Bigdan

New member
Hi Daar

My probleem is die groen slyk in damme soos Klipdrif, hoe kan ek dit van my lyn afhou as ek hengel. het al n paar vis verloor as jy eers moet skoon maak want dit briek die lyn.

Wag vir jul raad
 
MadCarper

Sealiner
Ek het gevind as jy jou stok punt in die water dip en dit vinnig opruk so paar keer, help die water om die slyk bietjie af te ruk... jou lyn moet natuurlik redelik styf wees as jy dit doen.... klink snaaks, maar werk altyd vir my....
 
Die slyk stop gewoonlik om die leader knoop. Klein bietjie raad is om dan 'n spiraal polisieman te gebruik. Daai rubber pypies wat gesny is om n spiraal te vorm.
Die gaatjie is GEWOONLIK groot genoeg om oor die slyk te glip.
 
MadCarper wrote:
Ek het gevind as jy jou stok punt in die water dip en dit vinnig opruk so paar keer, help die water om die slyk bietjie af te ruk... jou lyn moet natuurlik redelik styf wees as jy dit doen.... klink snaaks, maar werk altyd vir my....
Werk ook vir my om dan net die meeste af te kry sodat die spiraal polisieman kan oorglip oor die res wat agterbly
 
Schala

New member
justplainshark. Dit werk vir my maar krugersdrift soos eenklip se is vol van die slik. Die dam was leeg en het water gekry nou is dit n lekke gemors. Sal die vis nogsteeds jou aas kan kry? gaan dit nie weg raak tussen die slik nie?Ek het geen idee hoever dit in die dam is nie. Kan dit werk om langer hoeklyne te gebruik dat jou float bo die gemors is?
 
Schala wrote:

Wat ek al by Hartebeespoortdam ondervind het (spesifiek by Oberon) so hele paar jaar terug is dat jou hele strop met bol op die slik val en dan toegevou word deur die slik en dan of stadig af sak of so half in die water hang.

Dit lyk dan of jy n byt kry maar nooit n positiewe een nie. En as jy dan uit katrol dan sukkel jy

om al daai slik af te kry van die strop. Ek is seker Ulrich Sirgel van Vrystaat het n artikel oor n Pro-Am by Krugersdrift in een van die onlangse

Bank Angler tydskrif bespreek. Hy het sy sel nr ook in die artikel geplaas, so ek dink hy kan julle Tjietas help met Krugersdrift.
 
christodeb

Senior Member
Schala wrote:
justplainshark. Dit werk vir my maar krugersdrift soos eenklip se is vol van die slik. Die dam was leeg en het water gekry nou is dit n lekke gemors. Sal die vis nogsteeds jou aas kan kry? gaan dit nie weg raak tussen die slik nie?Ek het geen idee hoever dit in die dam is nie. Kan dit werk om langer hoeklyne te gebruik dat jou float bo die gemors is?
Dis 'n redelike groot probleem by krugersdrift. Daar is twee goed wat jy kan probeer om dit te verhoed. Gebruik n ''backlead''. Moenie jou stokke langer as 25min laat le nie.
 
pjjdp

New member
Ons het dieselfde probleem by Inanda. Goeie byt gekry en 2 keer het die vis gevat gister. Ek het nog steeds "emptyhanded" huistoe gegaan.
Ek het al gedink aan 'n paar floaties wat die bait lig van die slik ensovoorts.
Sal bietjie "backlead" "investigate".
 
troope12

New member
Kyk by klippies gebeer dt gewoonlik dat hierdi tyd jy groen slyk op lyn kry - Kyk mooi die groen slyk is net by die eerste 20 meter van die wal af . ek vat 'n uittrek vispen so 1.8 m lank . Loop inni water in . steek pen in diepwater . As kla gecast het - sit lyn op vispen - lyn le inni lug tot by jou Viskas . Dt werk Soos 'n bom - maak ni eens saak as vis met lyn vorentoe swem nie
 
christodeb

Senior Member
Dis beter om na die dieper dele te gaan. Die kalkwalle naby die eerste ablusie blok, die gedeelte langs die kompetisie water en die deel aan die oorkant van die dam reg oor die kompetisie gronde.
 
christodeb

Senior Member
Ek was baie lanklaas daar, die dam is nou te leeg. Die ander ding wat my pla daar is die groot hoevelheid klein vis. Ek het nie meer spoed vir hordes klein visse vang as ek social nie. Tierpoort was altyd 'n baie lekker kompetisie dam, maar daar is nou te min water om 'n klub kompetisie aan te bied.
 
Top