Goeiemore Manne, ek het gister met die stemdag bes

Grootseun

New member
Goeiemore Manne, ek het gister met die stemdag besluit om in die bakkie te klim en te ry na al die Oos Rand Damme in so 50 km radius vanwaar ek woon.

My doel was om te kyk na die kleiner dammetjies, spesifiek met die doel om dalk 'n nuwe stukkie water te ontdek waar mens sommer gou gou vir 'n paar uur lyn kan gaan nat maak.

Daar is relatief baie kleiner dammetjies in die Boksburg, Benoni, Brakpan, Springs area en ek het letterlik die padkaart gevat en gery en gaan kyk waar daar 'n dammetjie aangedui word.

Om myself ligtelik uit te druk - Ek was geskok en de moer in om te sien wat is die toestand van die meeste van die klein dammetjies, die ergste seker is die Brakpan dam wat 'n redelike groot stuk water is, vuil vuil vuil, bemors, vrot, stink, groen slik en ek is bereid om te wed dat die bliksemse munisipaliteit rou sewerage in die dam inpomp.

Ironie van alles is dat die munisipaliteit op die dam se oewer gebou is! Skandelik!!

So ook Murray Park in Benoni, lieflike plek met soveel potensiaal, maar alles is opgedonner, gebreek stukkend, vuil, verwaarloos, stink , vrot, vieslik.

Dit is baie netjies by die CR Swart dam in Benoni, maar daar mag mens nie visvang nie.

Ek wil nie eers begin praat van Boksburg meer nie, Germiston meer lyk bietjie beter maar ek is begroet deur 'n klomp swart jong manne met Castle Milk Stout innie hand en toe besluit ek gaan nie die noodlot vandag tart nie.

Die enigste twee plekkies steeds wat relatief ok is vir 'n dag sessie bly maar Blaauwpan en Homestead.

Dis so jammer dat die persone of organisasies in beheer van die areas nie die kompetensie het om die waarde van die plekke in te sien nie en toelaat dat die plekke in sulke toestande verval. 
 

Unlimited

Sealiner
Janee en meeste van die damme was pragtige waters... selfs homestead, jy moet sien hoeveel plastieksaake en blikkies en gemors wat van die straat af spoel le op sy bodem... geen wonder die karps kry nie jou aas nie... maar ek weet daai dam het nopg mooi karp in hom
 

gabba69er

New member
Tjom, die klomp wetters gee nie n hel om nie.Hulle is besig om hulself dood te K*K.....All areas en klein damme in Pretoria, Centurion omgewing is besig om die selfde pad te loop.
 

PI

Senior Member
Ek bly regoor Brakpan dam en ek kan nie vir julle vertel watter mooi vis daar al uitgekom het nie, maar soos grootseun se dit lyk maar horrible daar.. :(

Hierdie mense gee dood eenvouding net nie om nie. Volgens my pa was daai dam vrek nice in die OU dae.....

Grootseun, was jy al by Aston Lake?

PI
 

Waldok

Senior Member
Goeie verkenners werk daar Grootseun, dankie. Die enigste ding van Blaauwpan is dat n ou n aasboot nodig het, meeste van die tyd.

Maar ja dit is hartseer dat die damme so verwaarloos is. En al was hulle in n goeie kondisie, kan n ou nie net sommer daar gaan hengel a.g.v. veiligheidsredes nie.

Baie sad.
 

PI

Senior Member
Grootseun: Vat N17 van Boksburg na Secunda. Gaan verby Dalpark PLaza (R7.50). Jy gaan nogal n entjie aanry, ek is nie seker hoeveel km's nie maar ek skat so 10km. Jy sal sien dat die highway n enkel baan word. Die afdraai is die R29. Draai daar links, tot en met jy by b T-junction kom, draai daar regs. Die dam sal seker nog so 5km verder wees aan jou klinker kant. Umbila Dam. R20 per hengelaar en R5 vir nie hengelaar.
 

Grootseun

New member
Thanx PI, kan jy my dalk bietjie meer vertel van die dam, hoe groot is hy, is dit veilig, kom die vis uit , wil beslis bietjie gaan kyk
 

Bruggie

Sealiner
Whitfield dam was ook altyd n dam wat ons as kinders by gaan braai het saam klomp van die famielie. ek het nooit daardie tyd gehengel nie, maar kan onthou dat daar altyd mense daar was wat groot vis getrek het!

Was nou die dag daar verby, WAT N GEMORS!!!!
 

PI

Senior Member
Jong Grootseun, hoe groot die dam is het ek nie eintlik n idee nie maar kom ek try. Ek meet gewoonlik tussen 600 - 700mtrs links van die hek af. Daar het ek nog die beste results gehad. Ek sal skat dat die owers na links seker nog n verdere 300 mtr is..?Jy sal vroeg moet gaan om n spot te kry, maar die hekke is oop teen 6am. Jy kan ook regs van die hek gaan na die damwal. Daar skat ek seker ook nog n verdere 600 mtr.
Jy kan definitied gaan kyk na die reports wat ek gepost het oor die dam, dit behoort te help.
Daar is long drop, n klein parkie vir die kinders and a tap by die hek vir water. Ek weet nie as die water veilig is nie, ek drink eintlik meer bier as water... :) Daar is ook n tuckshop so paar meter van die main entrance af as jy visgoed of basic groceries nodig het. Hulle sny gewoonlik die gras, maar ek was al n paar keer daar waar die gras reg is vir leeus jag...
Try dit gerus in die somer, ek weet nie so lekker hoe die dam sal perform in die winter nie.
 

MadCarper

Sealiner
Dit is baie sad om te sien hoe ons stedelike damme verniel en verwaarloos word. Ek wil nie nou politics opbring nie maar mens kan nie help en wonder of die damme so verwaarloos sou wees as die "ou" regering nog aan bewind was nie... ek weet daar was baie probleme met die "oues", maar ten minste het hulle baie meer omgegee vir die omgewing ens.... anyway... Kyk maar hoe n klomp taxis vol "locals" n dam se oewer kan vervuil met bier bottels, Ijuba bokse, KFC papiere ens... By Germiston Lake het ek eenkeer vanaf die Victoria hotel, na die oorkant van die dam gery met my boodjie, om te kyk hoe is die bodem daar vir hengel. Ek was geskok om n strook van maklik 5m breed,vullis, bottels, papiere ens. te sien teen die oewer!!!! Daar is elke naweek "parties" daai kant... Siek!!!!

Grootseun, ek het so 2 jaar terug n lekker fight gehad met die roei klub by Wemmer pan (en ek was glo nie die enigste ene nie)... hulle is baie kwaai en aggressief teenoor karp hengelaars en wou niks weet toe ons op n mooi en diplomatieke manier probeer het om met hulle n partnership te maak nie. Die partnership sou beteken het dat hulle bietjie beter control sou he oor wie by die dam hengel, en so die hook-n-cook brigade en dronkgatte uithou wat die visse verniel en doodmaak. En die oewer sou ook gereeld skoongemaak geword het ens... Maar hulle was suurgat en het die deur in ons gesig toegeslaan...

Hulle was vinnig om te se dat hulle klub "sole rights" het op die dam, maar toe ek vir hulle n brief skryf met fotos oor die vullis, in en om die dam, was hulle doodstil!!!! So hulle wil roei, maar wil nie die dam, waarvoor hulle dus verantwoordelik is volgens die munisipaliteit, skoon hou nie.... Dis sad!
 
Wil net byvoeg...Aston Lake is beslis mooi skoon en darem die moeite werd. Dan is daar n dammetjier op privaat grond (maar oop vir hengelaars) in Brackendowns, wat BESLIS die moeite werd is om te besoek. Ek het onlangs n post op gesit oor die oord wat sommer die R50 dam genoem word. Die plek se naam is eintlik Rsut in Orbi wat juis die maand in die nuutste Oewerhengelaar bespreek word deur Johan Marx van Trucella.
 

Catch-On

New member
Hi

ons gaan ook nogals gereeld na die R50 dam (Rust in Orbi) toe....dis 'n baie netjiese en skoon dam, met lapas langs die water asook braaiers. Het al 'n paar mooi visse daar gevang, die grootste wat ek al daar sien uitkom het was 'n 6.5kg Karp. jy kan selfs die kamp daar ook huur vir die naweek, bietjie duur, maar as mens dit opdeel tussen almal wat saam gaan, dan is dit nie so bad nie.

daar is nog 'n dam waar mens bass ook kan vang....

dis 'n lekker plek as mens nie lus is om ver te ry vir die dag nie.

:fishn

 

 

 
 
Top