goeie naweek van hengel

patrys

Senior Member
en so breek die lang gewagte naweek toe uiteindelik aan. dis donderdag 12.00. met n spoed word die mense by die werk gegroet en word die pad huistoe gejaag, want nr 1. dis nou hengeltyd en ek wil op die pad kom voor die kaapenaars hier verby kom.( geen kwade gevoelens nie.) by die huis gekom word die bakkie en die boot gepak. 13.30 en ons vertrek na witsand. die pad was besig en ek kon net nie ophou wonder hoekom mense so ongeduldig op die pad kan wees nie. ek bedoel die mense met die luukse karre kom by n klomp mense verby gejaag net om die res van die pad 5 karre voor jou te kom ry. verder was die pad sonder enige voorvalle. net jammer vir die padwerke tussen swellendam en heidelberg. groot was die geduld, want ons het mos n laaaang naweek wat strek tot en met dinsdag. uiteindelik by witsand aangekom en die boot se lisensie vir die jaar moet sommer dadelik uitgeneem word. by die huis gekom en nadat almal afgepak en rustig geword het is daar begin om die hengelgerei en die boot reg te kry, want dis mos hoekom ons mos nou na die see toe gekom het. nadat alles reg is en nagegaan is word die vuur aangesteek. gou word daar na die crew gegaan om die relings vir die vogende dag te finaliseer. nou hoekom dit nou so is, weet ek nie, maar 3.00 toe le ek al wakker en wag vir die wekker om af te gaan. 4.oo 5.00. uiteindelik. opstaan tyd gou word daar opgestaan. koffie word gemaak en daar word ietsie geeet. die ase is gelaai.kan nie glo nie. almal is betyds vir n slag. ek , my broer francois, vic en john. die finale checks is gedoen en daar gaan ons. goverment hier kom ons.

by die jetty gekom, word daar vir die seen gevra en die boot is op die water.gou n draai gery en kyk dat alles reg werk. die manne oplaai en daar gaan ons. die bar was ons baie goedsesind en ons is sonder veel moeite deur. die enigste probleem was dat n walviskoei en haar kalf hul leplek in die mond gemaak het. verby hulle en toe word daar besluit na watter spot toe om te gaan.  die vis het maar moeilik hoek gevat en ons het maar gesukkel. die weer het ons baie goed behandel en ons kon elke dag tot 12.00 toe op die water wees. die eerste dag het ons huistoe gekom met 2 santers en 4 romanne. kan nie kla oor die vis nie aangesien die water aan die koue kant was. by die huis en nou moet daar eers n paar fotos van die crew en die vis geneem word. en toe gebeer dit. murfy se wet op sy beste. die kamera gee die gees. nous ek eers opgewen, want wat as ons daai groot vis uitbring. dit daar gelaat.

 saterdag. opstaantyd en ons is vuur en vlam , want die dag is beter as die vorige. vandag is net 3. ek , my broer en vic. weer alles galaai en die boot nagegaan en af water toe. boeke gevat en op die water. vandag gaan ons n bietjie later uit bly, want daars niks wat ons jaag nie. ons het maar van die een spot na die ander gery. dit was die dag van die pennetjies haaie en hulle het ons ordentlik verpes. toe ons weer terug aan wal was het ons 4 romanne, 4 santers en 1 hotnot op gehad. baie optimisties, want dit was beter as die vorige dag.

sondag. weer is dit ek , my broer en vic. weer dieselfde ritueel. checks. boeke vat en op die water. vandag moet ons vroeer van die water af , want fransie en vic moet nog ry. groot was ons teleerstelling toe vic n groot vis aan die lyn kry en dit na n tyd verloor. die rede. na al die pennetjies haaie het hy nie sy strop nagegaan nie en het die lyn daar gebreek waar dit geskaaf was. groot les geleer. na elke vis moet jy jou strop nagaan. terug op die wal het ons 4 romanne en 1 santer gehad.

 maandag. weer dieselfde ritueel.checks, boeke vat en op die water. die keer is dit ek en john.  vandag is die vis regtig traag om te byt. die vorige nag se reen het lyk my n groot faktor gespeel.  gou kry ek n lewendige asie en sit toe aan. na n ruk sien ek my lan raak slap en begin opkatrol. ek se nogal vir john dat die vis besig is om op te swem. die volgende oomblik spring die sambokhaai n meter van die boot se rant in die lug. groot geskrik en na n paar mooi spronge binne 10 meter van die boot het die hoek na sowat 10 minute los gekom. ook maar beter so. want nou kan ek weer aangaan met visvang. en toe gebeur die onafwendbare. die gevreesde, ongenaakbare woord. SEESIEK. arme ou john. hy het vorige aand so n bietjie oorboord gegaan met die wyn en nou moet hy die nagevolge trotseer. gou n kat geskiet en nou kan ons verder hengel. ai en die ding wilk jou mos nie los as jy eers in sy strik getrap het nie. elke halfuur, dan roep john vir george en dan kom kuier hy. nou weet julle mos. jy is dik van die lag, maar jy lag nie vir iemand anders nie. jy weet mos waardeer hy gaan  en dan simpatiseer jy maar. huistoegaantyd en ek trek toe maar die anker, want ek weet mos wat gaan gebeur as john nou moet begin anker trek. terug op die wal en ons kan spog met 2 romanne.

 o ja. voor ek vergeet. om elke dag ook so tussen die walvisse te ry en te sien hoe hulle speel is nie vir jou nou n mooi gesig. die totale vis vir die naweek.7 santer, 14 roman en 1 hotnot. als en als  was dit n wonderlike naweek en vir die sealiners wat ek nie by uitgekom het nie.vra ek groot omversoning en die ander by wie ek uitgekom het. goed om julle weer te sien. terug by die huis en ek beplan alweer die volgende naweek. kan nie wag om weer op die water te kom nie. 
 
Top