Goeie dag manne, Hier is 'n kort verslag van on

Alex123

Member
Goeie dag manne,

Hier is 'n kort verslag van ons Bloemhof (Die Hoek) trippie die afgelope naweek.

Ons het Donderdag aand so teen 19:30 daar by Die Hoek aangekom en on nodige dinge afgepak en opgeslaan waar nodig. Ons was op stand no.20. Ek het sommer die vorige aan groot hoenderlewer en binnegoed "bomme" gemaak, elk so groot soos hierdie "mini sokker" balle. So teen 21:00 is 3 van hulle uitgeplaas op verskillende afstande. Teen 01:00 nog niks... los toe maar die stokke in en ons gaan slaap. Die volgende oggend haal ons uit en meeste van die aas is nog aan die hoeke....???

Vrydag oggend(05:00) begin ons ernstig aas jag en ons maak 'n lekker voerkol met behulp van Supercast en "Muddie 1000" (gras karp, muddies, karp). Ons kry toe na 'n redelike gesukkel 'n paar groot muddies en so twee karpe op Almond Supreme floaties, erdwurms en SWD - geen gras karp nie..? So teen 16:00 die middag berei ons in alle erns die muddies voor vir die aand se sessie. Ek moet bieg, die muddies was groot.. het eintlik jammer gevoel om hulle te gebruik. Gedurende die dag het ons met die kayak en fish finder voor ons staan plek die area noukeurig gefynkamp. Tot ons verbasing was dit nêrens dieper as 5,2m voor ons nie, tot aan die oorkant. So van die ase is op 3,0m (baie naby) tot op die 5,2m merk versprei. Nou braai ons en die wag begin... So teen 20:10 word my aas opgetel met 'n groot gesukkel... Ek tel my stok op en begin met my hand druk sit op die spoel. Die baber trek my stok se punt terug rivier se kant toe, ek kap so twee keer op die hoek goed in te dryf en hy is vas! So paar minute se stoei later en hy word veilig uit die water gelig. Gou geweeg - 12,4kg, en weer terug geplaas. Ons rekening is oop! Moet sê ek was bietjie teleurgesteld, aangesien ek baie groter verwag het. Vir die res van die aand/nag was daar geen aksie nie.... wat gaan aan dit is dan "Die Hoek"???

02:00 - Drop 'n blok molasses voer op ons kol.

Saterdag staan ons vol hoop weer op (04:30) en daar word weer muddies en enige iets wat sal byt gejag. Ons kom darem weer reg met 'n paar muddies en karpe, nog steed geen gras karp in sig nie... So teen 11:00 raak dit stil.. geen aksie eers op ons voerkol nie. Die wind begin nou bietjie pla maar nog nie te ernstig nie, dit kom en gaan so deur die middag.Ons gaan deur dieselfde proses as Vrydag aand maar die aas is al teen 16:00 op verskeie dieptes geplaas. Teen 17:00 is daar 'n groot storm aan die broei en die wind ruk nou heeltemal hande uit! Nogtans bly ons aas roerloos in die water... Die storm wind en reen kom en gaan deur die res van die aand tot en met so 00:30 toe raak dit stil. Wat nog stiller is is ons lyne.... niks???

Sondag oggend begin ons maar vroeg oppak, en ons val so teen 10:00 in die pad huis se kant toe.

Ons het tenspyte van die tekort aan babers ons naweek baie geniet. Die sonsopkoms en sonsondergang het elke dag die moeite werd gemaak. Die druis van die sluise het jou laat dink jy is by die see.. die geroep van die visarend het jou in die oggende gegroet, en daarvoor is ons baie dankbaar.

Groete.
 

Attachments

  • 20151023_202559_resized.jpg
    20151023_202559_resized.jpg
    26.3 KB · Views: 314

Alex123

Member
Sonsondergang... Vrydagaand - (stokke reg vir aksie!)
 

Attachments

  • 20151023_184840_resized.jpg
    20151023_184840_resized.jpg
    21 KB · Views: 313
Nice report, jammer julle manne konie katte kry in 20kg klas nie.
Min foto's so mooi as n sonsondergang oor n stel vistokke.
Well done
 

Alex123

Member
Dankie Harry,

Ja, daar het geen groot katte uit gekom die naweek nie. 'n Ou regs van ons het 'n hele paar kleintjies gevang op erdwurms asook een van so 7kg, dit was dit....

Ons het Saterdag so tussen 10:00 en 13:00 gaan kuns-aas gooi oorkant naby die sluise. Klein babers draai oral op die oppervlak. Het darem twee kleintjies gekry op 'n wit Salmo Slider - my eerste op kuns-aas.
 

Slukderm

New member
Dit klink of julle dit geniet het. Jammer ek kon dit nie maaki. Moes werk. Solank n man net iets geniet het langs die water was dit die trippie werd.
Nice verslag.
 

kerneelsie

New member
(ni(ce(fish)(. Ek het liewer 'n slegte naweek en vang steeds paar visse as wat mens goed vang en niks kry nie! Volgende keer sit jy die babers snorre aan!Babers like mos baie van graskarp...dalk as jy hulle kon opspoor sou jy hulle gelooi het...who knows? Great report en baie geluk op goeie vangste!!! :clap12
 

Ant86

Sealiner
Thanks for the report Alex, sorry to hear that the fishing wasn't that great. Reading through your report was like Deja Vu, had the exact same experience as you when I was there in Oct 2011.
 

Alex123

Member
Thank you guys.

One thing I have learnt is that, yes it is great to catch fish when you go fishing.. but it is blessing to able to spend quality time with good friends and appreciate nature...while fishing.

I think all the big barbel went on a long weekend somewhere further down the Vaal from Die Hoek...

I will definitely go back to Die Hoek one day in the near future and give it another go, as I have seen the proof from Enigma's catches that there are massive barbel there..

But for now I think I will try the Vaaldam as by the looks of things Deisel is hammering them since the beginning of Spring... Maybe if I ask him very nicely he will put me on a 20kg+ cat...

:fbash
 

deisel

Sealiner
Hahaha I can do my hest boet. Come for a session .... Bring brandy hahahah. And chicken licken hot wings . We don't get those lekkers out here
 
Top