Goeie dag almal. Ek het so tyd terug my skippers

andrie

New member
Goeie dag almal.
Ek het so tyd terug my skippers lisensie verloor. Ek het in die laat neentigs my lisensie gedoen (C). Ek het SAMSA genader maar hulle vind geen rekord van my lisensie nie. Hulle beveel aan ek kry die instrukteur in die hande vir n kopie.

Ek dink ek het my lisensie by n Kaptein At gedoen in Melkbos of Kaap iewers. Het iemand dalk n kontak no van hom ? Of enige ander raad om n kopie van my lisesnsie te kry ?
 

IWyk

Sealiner
Eish! Dit kan n groot kopseer word. Die ou by wie jy die kursus gedoen het sal nie n kopie he van jou lisensie nie.

Hy sal dalk kan bevestig dat jy wel die kurses gedoen het, wat kan help maar jy gaan heel waarskynlik weer moet betaal by SAMSA vir n uitreiking.

Dit klink nie reg dat SAMSA se hulle kan nie record vind van jou lisensie nie, hul moet dit tog op rekord he.

Toe ek myne gedoen het het hul my gese om dit soos goud te bewaar! Ek het n gelamineerde kopie gemaak wat ek in my boot bere en die oorspronklike is innie kluis.

Weet nie wat se boot jy het en of jy aan n klub behoort nie, maar die klub wat ek aan behoort het ook n kopie van my lisensie, dalk het jy n kopie by n klub as jy aan een behoort het?
 

Bliksem

Senior Member
Dit was by At du Plooy. Van Durbanville. George van Greunen het sy besigheid oorgeneem. Dit was SAIS (South African Institute for Skippers) George se nr is/was 08244244072 of 021 9753281.

http://www.bavariaboats.co.za/pdf/Bavaria%20Sea%20School.pdf

Ek was ook by At se skool

Hy woon in Kiwiland, sovêr ek weet. Het hulle mense (Navy) daar geleer om te navigeer.(nie dat hulle nie kon nie), (net die nuwe generasie geleer)

Briljant in sy vak.

Moet dalk by Allister oorvat. In At se klas daar nie plek vir mishaps of mistakes nie. Nie grys area nie; dis wit of swart. Dis reg of verkeerd; dis wat jou survival op see sal wees.
 
Top