Gewigte

Brakkanjan

Senior Member
Ek gebruik meeste van die tyd die M1.5, ek gooi hom lekker ver en ek het baie vertroue in die gewig.

Ek sien egter in die tydskrifte dat die ouens altyd se so lig en ver as moontlik. Ek het so paar M0 gewigte aangeskaf en is besig om stroppe te maak. Ek wil graag die volgende weet:

  • Watter toestande gebruik jy die M0 gewig? Wind of stil water. Ek dink as die wind waai kan hy dalk daai klein gewiggie kwaai druk.[/*]
  • Klein of groot mieliebol?[/*]
  • Hoe ver kan jy daardie gewig cast?
[/*]
Dankie manne!

:::S
 

Naruto

Sealiner
Meeste van jou vra sal jy maar vir jouself moet uitwerk. Ek gebruik n M0 of M1 gewig met m klein bom. Met 0.18mm lyn het ek al van my casts gemeet tot 110m. Het vandag weer met 0.20mm lyn 99m gegooi. En gebruik altyd 17lbs xx brown leader. Oorweeg om braid leaders te gebruik maar dit kan duur raak. Een oom in ons klub het onlangs met sy Okuma Schalk van Breda stokke n M1 met bom 100m gegooi terwyl hy eintlik net die aksie van die gooi wou wys vir die vroue span. So mens het nie noodwendig krag nodig nie, maar tegniek. Al wat wel help is oefen, oefen en oefen. En as mens vir so maand nie vis gevang het verleer mens vinnig.
 

PI

Senior Member
Brakkanjan,
Ek voel dat hoe ligter die gerei is hoe beter sal jy die byt sien. As die wind serious waai kan jy maar swaarder gaan na die M1 or M1.5. Ek sit ook maar golf bal size bomme aan.
 

Deeg

New member
Ek hengel 80 % van die tyd M0, gly Rietvlei met 0.8 hoekies....ek is NIE 'n groot caster nie....so 4 jaar terug op 'n bolgooi liga is my gooi gemeet op 126 meter met selfde grootte gewig as M0.Ek skat ek kan konstant nou 120 meter haal.Daar is manne wat daai selfde gewig al 160 meter gegooi het met 'n bol, gemeet met maatband op 'n bolgooi liga...dis egter manne wat KAN gooi(een is my provinsiale penmaat DIE jaar)....

Dis OEFENING....as jy M0 met bol akkurraat op 100 meter kan gooi is jy reg dink ek....as ek moet verder gaan, sit ek M1 1/2 op. As ek NOG verder moet gaan, sal ek boerstrop met P3 of P4 gooi, klein bolletjie....

Dis REGTIG die moeite werd om jou gooie te oefen...ek het op 'n stadium vir omtrent 2 jaar lank, ELKE middag 'n emmer nat voer by Bon Accord uitgegooi.....daar is 'n spreekwoord in hengel....DAAR IS NIE AAS VIR AFSTAND NIE....dis baie waar!!Ek dink as ek gemiddeld 25 meter verder kon gooi met my 12 voet stokke het ek BAIE beter gevaar.....as jy verder cast as die ouens om jou deel jy nie jou vis nie, so maklik soos dit....werk nie ALTYD so nie, ons het al op 25 meter van die kant af kol gehengel....maar daar is dae wat dit die verskil tussen 2e of wen beteken!!!
 

Deeg

New member
Al nadeel van die M0 is dat wind en rowwe water daai gewiggie rondgooi op die bodem....as die wind pomp skakel ek oor na 1 1/2 toe, selfs groter.....
 
Ek vang nie meer kompeterend nie en net sosiaal so as die wind teveel begin waai dan pak ek op haha! Ek vang vir my plesier nie vir my straf nie!

Ek vang net met M0 en ja die vis tel ligter gewigte en kleiner hoeke en ligter lyn makliker op. Toe ek kompeterend gevang het was 'n M0 my standaard gewig om mee te begin maar omdat ek in die Kaap bly was daar min dae wat ek kon eindig met 'n M0. Wanner die wind jou sinker begin trek van die kol af het ek oorgeskakel na 'n M1.5 toe. Na dit was dit 'n P4. Een dag by Zeekoevlei het die wind P4's uitgewaai jislaaik daai was 'n mislikke liga!

Die afstand wat jy gooi hang van baie faktore af en die belangrikste is wind en tegniek. Ek kon tot so 100m met 'n M0 gemaklik vang wanneer die wind stil was maar wanneer die wind opkom dan het die afstand dramaties gekrimp. Jy kan bestandele soos duck pellets en chico in jou popcorn voer inmeng om dit swaarder te maak. Dan kan jy ook verder gooi met 'n M0. Hoogte bo seevlak speel ook 'n belangrike rol. Ek het so 20 - 30m verder gegooi by plekke soos Bloemhof en Klipdrift.

Dis 'n aanpassing om met 'n ligter sinker soos 'n M0 te gooi maar dis die moeite werd.
 

Deeg

New member
Stefan Engelbrecht wrote:
Dis 'n aanpassing om met 'n ligter sinker soos 'n M0 te gooi maar dis die moeite werd.
BAIE waar Stefan.....mens maak maar op vir die gewig van die sinker met 'n bietjie groter bol....ek kan nie M0 met klein bol gegooi kry nie, die stok laai nie!!!
 

Brakkanjan

Senior Member
Baie dankie vir die advies manne, jong ek is eintlik half op my senuwees om daardie gewiggie te try gooi, darem maar lig jong ;)

Ek hou julle op hoogte!
 

PI

Senior Member
Brakkanjan:
Jy kan ook die m00 gooi met n klein weightless spring. Die spring sal help om die bol op die weigth te hou. Een van die maane in PE het my die idee gegee en dit werk nogal kwaai.
PI
 

Naruto

Sealiner
Net n tip: Gebruik n baie klein polisieman saam die kleiner gewigte. Dit maak nogal n verskil. Daai groot wawiele wat party ouens gebruik is so swaar dat dit die gewig ook kan nader trek uit die kol uit.
 
Onthou net om die regte stok te gebruik. Jy gaan jou voerbolle afgooi as jy met 'n stywe stok te ligte gewig gaan gooi. Jou stok moet genoeg laai dat jy darem iets kan voel anders gaan jy net voerballe afgooi. Gooi ook met 'n langer drop wanneer jy met ligte gewigte gooi. Dit gee jou meer margin for error en jou gewig het 'n langer kans om te versnel so jy gooi ook makliker verder en meer akkuraat.
 

Naruto

Sealiner
Stefan Engelbrecht wrote:
Gooi ook met 'n langer drop wanneer jy met ligte gewigte gooi. Dit gee jou meer margin for error en jou gewig het 'n langer kans om te versnel so jy gooi ook makliker verder en meer akkuraat.
My bomb hangs just above the first eye from the reel. If I make it shorter I loose accuracy and distance. It helps load the rod even with a light weight. I use Sensation Bazooka 12" rods which are quite stiff. The main thing is to practice until you get the feel and action just right .
 
Top