Gesoute sardien en antjovis

Johan1122

New member
Dagse

Gedurende die middel 90s het ek gereeld saam met my oupa en kie by St Lucia en False Baai(Meer) gaan visvang. Tradisioneel het hulle vars sardien gekoop en in koerante gesout wat vir die hele week gebruik word. Die redenasie was dat dit die sardien langer laat hou en dit 'taaier' maak.

Is daar iemand wat dalk weet van die prosedure en hoe groot invloed dit het op jou sukses teenoor die van vars gevriesde sardien.
 

Lofty

Senior Member
Johan,dit sal beter wees as geen sardyn, maar definetief sal vars of gevriesde sardyn ver beter wees omdat die bloed en geur nog in die aas vasgevang is ... hoe varser hoe mooier en hoe beter.
 
Top