Geelvis en Moddervishengel Parys

buchi

Member
Goeiedag alle mede hengelaars ek hoop dit gaan goed met julle almal? yipeeeee!!!!!!!!!!!!! die lente is hierso.  Nou wil ek asseblief by al die kenners hoor en is ek opsoek na 'n bietjie raad.  Ek is van Pretoria en kom nie gereeld langs die Vaal of Oranjerivier se oewers nie.  Ek en my vriend oorweeg dit om dalk vir 'n naweek bietjie Parys toe te gaan om te gaan probeer geelvis en moddervis vang.  Alhoewel ek al groot en kleinskubgeelvis in die Bosveld en Laeveld gevang het, het ek nog nie die Grootbek of Kleinbekgeelvis gevang nie (behalwe vir een kleintjie).  Ek sal graag 'n bietjie raad wil hê rakende die spesies en spesifiek dan ook nou in Parys waar ons wil gaan hengel.  Let wel ek het nie vlieghengelgerei nie en die kunsaashengel is ook nie iets wat ek gereeld doen nie.  Ek het so 'n bietjie gelees van die tipes aas wat jy as hengelaar kan gebruik soos krieke, krappe ens. vir geelvis maar is nie heeltemal seker nie.  Ek het gehoor dat selfs 'n stukkie bruinbrood ook die ding kan doen.  Ek weet jy kan die moddervis teiken met 'n degie.  Ek het wel gelees dat 'n mens maar die lyne agter die stroomversnellings moet gooi in die dieper waters vir die geles.  Ek ken nie Parys nie en sal graag wil hoor waar presies ons moet hengel.  Soos wat ek dit verstaan kan jy in Parys stop en sommer op die plek jou lyne bietjie nat maak.  (Ek kan dalk verkeerd wees).  Enige advies is baie welkom en ek sal dit waardeer.

Baie dankie

:):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):):)
 

Unlimited

Sealiner
weet jy, op vlieg is hulle die maklikste vir my... probleem met aas is, enige iets wat jy spesifiek vir hulle uit sit, eet al die ander spesies in die rivier ook, so jy gaan deur baie muddies en karp werk en dalk klein babertjies om n paar geles gevang te kry
 

Fishpaste

Sealiner
Jy sal geelvis kry op die normal karp aas soos deegie, floaties, pitte etc. saam n gewone karp stroppie. Ek sal aanbeveel jy hengel met 1 hoek want die rivier is vol hakplek.
 

DocPhil

Senior Member
Krappies van so 5cm diameter werk soos 'n bom. Gebruik 'n nommer 2 hoek met 'n gly-gewiggie. Die hoek stroppie so 30cm. Trek die groot knypers af, trek die boonste doppie af en breek die res in die helfde. Steek jou hoek in waar een vd bene uitkom en uit waar nog 'n stel bene uitkom, gooi net agter 'n klip waar die water stiller raak. Sit wakker want hulle gryp met mening.
Babers sal ook byt maar geles los dit nie uit nie.
Enjoy
 

buchi

Member
Baie dankie vir die terugvoering ek waardeer dit opreg.  Ek neem aan jy sal die krappies sommer langs die water kry tussen die klippies of kan jy dit iewers koop ?  Waar in Parys kan ek moontlik gaan hengel ?  Is daar 'n spesifieke area in Parys wat julle sal voorstel ?

Dankie

::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::::slr::
 

DocPhil

Senior Member
Ja kyk rond in die vlak water onder die klippe. Gryp vinnig as jy een sien na jy die klip stadig opgelig het.
Ek ken nie rerig Parys se area nie maar het baie onder die barrage gehengel. Grootste klienbek was 4kg. Ook 'n 5kg grootbek gekry maar hulle was skaars.
 

buchi

Member
Baie dankie vir die advies van almal se kant af, die Vaalrivier is pragtig met die vloeiende water, wilgerbome en visarende.  Dit was 'n suksesvolle dag gewees aangesien my vriend 'n 4 kg kleinbekgeelvis (wat sy katrol behoorlik laat skreeu het) en ek 'n 2,2 kg moddervis onderskeidelik gevang het.  Ek het 'n paar verbroude kanse gehad waar ek moontlik ook mooi moddervisse kon vang, maar ongelukkig het die visse los gekom.  Ons het ook 'n hele paar klein geles gevang.  Ek sou baie graag ook 'n geelvis wou vang maar ek is baie bly vir my vriend en daar is darem altyd 'n volgende keer.  Die moddervisse is darem maar verskriklik lekker op ligtergerei aangesien hulle sterk vegters is.  So vinnige terugvoer van ons daggie langs die Vaalrivier.  Baie dankie vir al die raad.  Geheg is die Geelvis en Moddervis wat ons gevang het.

Stywe lyne

;);););););););););););););););););)
 

Attachments

  • IMG-20160917-WA026.jpg
    IMG-20160917-WA026.jpg
    62 KB · Views: 217

abriedem

New member
Hi Buchi
Ek hengel al vir omtrent 15 jaar geelvis in die vaal rivier stelsel. Die beste ase vir die verskillende species geelvis wat ek ondervind het was shirms vir kleinbek geles in vinnig vloeiende water.
Erdwurms vir Rubber lippe wat ook maar n kleinbek geelvis is maar het lekker dik lippe. Hulle vang ek in stiller water aan die bokant van n rapped net voor die water oor die eerste klippe gaan.
Grootbek geelvis is maar n klein krappie soos voorheen hier genoem is. Meeste van my sukses met hulle was langs riete af in die rigting van die vloei van die rivier. Groote van die krap is tussen die 50c en ek het al met redelike groot krappe gevang,Met n deursnee van omtrent 40mm het ek my PB, 6kg, gevang.
Ek stel voor as jy ernstig is om dit te hengel dat jy met n bootjie die rivier verken. Soos met alle visse lewer die stil areas die beste resultate en glo my daar is baie geelvis in die Vaal.
Met die aas wat jy gebruik kan die babers dalk biki pla, maar in n stroom is hulle net so lekker om te vang soos n geelvis. moet ook nie karpe wegooi nie. my grootste karp met n klein krappie was 7kg.
Ek hou my gery so lig as moontlik dit het ook baie gehelp as hulle nie wil lekker hoek vat nie.

Hoop dit kan jou help met jou volgende sessie.

lekker hengel

Abrie
 
Top