Geel Baber

karp_101

New member
Hi almal ons het die naweek in die Krokedilrivier gaan vang en hierdie baie interesante baber gevang. Hy is inderdaad geel en dit is nie 'n kamera fout nie. Kan Iemand dalk vir my se of die vis dalk siek is of is dit 'n ander spesie. Ek het dit nog nooit gesien of van gehoor nie.
 
karp_101

New member
AYOBA! wrote:
daai baber het lewer issues...te diep in die bottel gekyk? LOL
Dit het vir my ook so gelyk, mmar ek dink dit is 'n probleem by daai venue want dit is nie die enigste "weird" ding vir my gewees nie, ek het ook 'n geelvis gevang op hoender lewers.
 
Attachments

  • Geelvis1.jpg
    Geelvis1.jpg
    43.4 KB · Views: 187

Unlimited

Sealiner
daai is eintlik heel normaal... het selfs al n paar gevang in vaaldam en harties, ons noem dit rivierbabers... babers kan swart, grys, wit en geel/groen wees, als hang ma af van die watertoestande... RYAN het op n stadium verduidelik van hoe die clarity van die water n invloed op die kleur van n baber het...

waar in die krokedil het jy daai geelvis gevang????
 
karp_101

New member
Unlimited wrote:

Onder lake Heritage by Glenburn Lodge
 
Unlimited

Sealiner
hoe seker is jy dis die krokodil? lyk vir my na die blaaubank rivier... ek dispute niks, dink net dis flippen great dat daar nog geeles in die area is...
 
The Owner

Senior Member
Ek twyfel ook dat daai 'n ander spesie baber is, stem saam dat dit 'n kleurvariasie is. Geluk met daai mooi Grootskubgeelvis:wfish
 
karp_101

New member
Unlimited wrote:
hoe seker is jy dis die krokodil? lyk vir my na die blaaubank rivier... ek dispute niks, dink net dis flippen great dat daar nog geeles in die area is...
Dit is half reg, om presies te wees is dit waar die blaauwbank in die krokidil inloop.
 
Top