Gedagte om gooi afstand te bepaal

Grootseun

New member
More vissers, aangesien ek net 'n sosiale papgooier is het ek nou nog nie enige lyn meters of iets aangeskaf waarmee ek kan meet hoe ver ek eintlik gooi nie. Ek het ook nie die tyd om op die rugbyveld te gaan staan en oefen en sodoende te meet hoe ver ek werp nie.

 

Nou het ek geding, is dit nie moontlik om 'n rowwe bereking te doen van hoe diep jou lyn in die water is deur te tel hoeveel keer jy die katrol een omwenteling draai totdat jou lyn weer op die kant is.

 

Nou ek verstaan dat die spoel grotes van katrolle verskil en ook dat hoe meer lyn daar op die spoel opdraai hoe groter of langer die afstand van lyn sal wees wat herwin word MAAR ek kyk hier na 'n baie rowwe skatting van afstand.

As jy met elke omwenteling so 15 cm gemiddeld lyn inkatrol kan jy mos twee of drie keer wat jy inkatrol jou omwentelings tel, dit maal met die 15 cm en sodoende 'n rowwe skatting kry van jou afstand.

Is ek hier op die regte pad of poep ek innie wind, dalk is daar 'n makliker manier ? 
 

AMG1

Senior Member
Dink dis n poep.

Vat dit so. Rol 100m lyn van n spoel af en dan meet jy een omwentiling van jou katrol. Kom ons se hy meet 15cm. Al hoe meer jy inkatrol alhoe grooter gaan daai afstand word want jou spoel se OD word grooter met meer lyn wat opkom.Hoop dit maak sin.

Stel voor jy bele in n line mate. Hulle is cheap sal hulle kry vir so R100.
 

Naruto

Sealiner
Haak jou lyn aan jou pen of kas. Maak jou spoel los en loop so 50tree weg van jou kas af. Merk jou lyn met n permanent marker. Doen dieselfde op 80 tree en 100 tree. Maak net seker jou merkies verskil sodat jy weet watter afstand is watter merkie. As jy nou in gooi kan jy sien of die merkie in die water is, of op die spoel is en sodoende weet jy omtrent hoe ver jy gegooi het
 

Gertus

Senior Member
12345677 uh 123456789 9 aaaahhh 12343454567777 dammit dis ver man ver... LOL
usefull tip..
ek het op video gesien maak merk met twee vispenne.. 5 meter apart.. maak punt aan een vas en rol dit om die twee penne met 5 as multiplier.. maak merke op lym met marker op 60 80 100 en 120 .. geel lyn werk..
 
Top