Gebruik van Internet & Google earth.

Skuimkop

Sealiner
Dagsê manne.

Kom ons ruil bietjie idees, voorstelle ens uit hoe julle ouens die internet en veral Google earth gebruik en al gebruik het om julle huiswerk te doen om te bepaal by watse hengel spots, afstande, ase ens ens julle gaan sit en gebruik.

Die behoort 'n baie interesante onderwerp te wees. :ifishin
 
Toppie

New member
Nog net een slaapie!!!!::Sdan ry ek vaal rivier toe daar naby bloemhof!

Ek gebruik die internet maar min wat betref die oorde. Gewoonlik wat hulle adverteer op die internet en wat werklik daar is is twee verskillende dinge. Ek gebruik wel SA weather om na die weer te kyk waar ek gaan. Google earth gebruik ek baie. Ek kyk na die omgewing van die venue, as daar squater camps naby is dan weet ek vrot water, nette in die water en security ens. Ek gebruik hom ook om te kyk na bome, rapids ens. Wat ek wel van onskatbare waarde vind is my garmin. Ek gebruik SA waterways, dit gee vir my die water diepte by die gewildste damme soos vaaldam ens. Ek gebruik ook google earth saam my garmin om die beste roete uit werk waar ek wil gaan. Parymaal kan jy self die bokkies sien le langs die swembad!!!:), i wish. En laaste gebruik ek ook google maps se streetview as dit beskikbaar is om op grondvlak na die omgewing en paaie te kyk. En natuurlik save ek al my fishing spots se waypoints en dan kan ek op google earth kyk waar ek was. Lekker gadget die garmintjie..wens net die antie wil ordentlik ingels praat...soos vereniging word "very..ni...ging" eish maak my kop deurmekaar.
 
Naruto

Sealiner
Toppie wrote:

:::S

Ek maak meestal gebruik van www.streetmaps.co.za vir kontoere en freemeteo.com vir weer en wind. Verder het Sealine my al baie gehelp met die res...
 
Waldok

Senior Member
Ek gebruik 3 weer sites, wat min van die voorspellers kry dit ooit reg nie. Die 3 is onder my favourites saam met n maan kalender waarna ek nou en dan kyk moet ek bieg. Maar verder nie veel nie. n Onbekende venue sal ek weer na gaan kyk en soos Naruto se sal ek na kontoere gaan kyk op daai website, wat in n mate help. Ek dink die beste is om by jou oewer aan te kom en die omstandighede daar in ag te neem en rondom dit te werk.
 
Naruto

Sealiner
Ek stem saam met Waldok. Beste is maar om by die venue na als te kyk. In ons soort hengel het ons nie altyd die voordeel om te sit waar ons wil nie, want ons trek penne en jy moet die beste maak van daai pen. Ek het al op ligas gesien hoe twee penne letterlik 20m uitmekaar sit en dan vang die een pen 3 keer meer vis as die ander.

Belangrikste vir my is maar die wind en hoe die weer verander die week voordat ek gaan hengel.
 
Corlic

New member
Hi Naruto,

Ek het gaan kyk op StreetMaps na spesifiek twee areas by Harties. ie: Meerhof en 'n private spot waar ek so nou dan vang by Keywest (langs PecanWood), en in beide gevalle wys die contours dat binne 100m is die water meer as 100ft / 30m diep.

Vir Meerhof sal dit beteken dat die cement blokke in die water meer as 30m lank is. ???? Maar 'n moeilike pil om te sluk daai.

Netso, by die private spot by Keywest is daar 'n jetty wat so 30m uit gaan op die water. Op die punt van die jetty van waar ons vang, meet die water 3.6m diep (self gemeet). So dit sou dan beteken dat die diepte vanaf 30m sak tot +/- 30m by 100m uit. Dit sal maak vir een verskriklike steil wal in die water om so vinig te sak tot by 30m.

My vraag dus is: Het enige iemand al die data wat op Streetmaps is getoets met 'n boot en depth sonar / fish finder? En indien so, wat was die resultate?

Die data wat gewys word vir Harties lyk maar net nie reg nie.
 
wetfrog

Member
I use my garman maps on my cell phone to mark a spot when I am fishing, when I get home I check and mark the spots on Google earth. I keep a record of my spots that I have fished and update them.
 
Top