GARDEN ROUTE

Chucky07

New member
Hope to see it, That's a nice fish, and awesome that it was released. I gooied my arms off with the drop shot yesterday afternoon here, and nada!
 
right click on the pic, click on send to - mail recipient, resize to 800 x 600
when you see the email open up and the pic is attached, right click on the pic and click on copy, then go to your desktop and right click - paste. Attach that to the post

Voila
 

Lofty

Senior Member
Hierdie stuk kus vanaf Bayview tot Kleinbrak is nie goed vir galjoen hengel nie,soos die see op die foto lyk sal ek nie op die spesifieke dag vir een van die twee spesies hier gooi nie.
 

Lofty

Senior Member
kanalla wrote:
lyk of dit langs 'beneke se klip' kan wees? as dit is kan jy maar gooi vir 'n beenbek.
Sal nie onmoontlik wees om een te vang nie[so 1 uit 20] alhoewel ek dink hulle tyd is nou verby tot Oktober maand,maar dis maar my 5sent.
 

kanalla

New member
hello lofty

ja nee ek stem saam,maar as dit daar by 'beneke se klip' erens is,is dit die regte plek om te gooi vir 'n beenbek,veral hier van november se kant af.
 

kanalla

New member
lofty

sal jou kontak--sal daar wees begin junie dan gaan maak ons 'n paar gooie erens.is op die oomblik nog in madagaskar.
 

shelvpower

Sealiner
Lofty as ek mag vra watse water verkies kraker en galjoen dan?

 

Weerskante van die twee  geel lyne is waar die rotse le

 

 

 
 

Attachments

  • DSC00124 (Small).JPG
    DSC00124 (Small).JPG
    37 KB · Views: 707

Lofty

Senior Member
shelvpower wrote:
Lofty as ek mag vra watse water verkies kraker en galjoen dan?

 

Weerskante van die twee  geel lyne is waar die rotse le

 

 

 
As ek vir stompkop hengel loop ek tot waar ek 'n gat kry wat duidelik dieper is as die omliggende water,die water vir stompkop hoef nie so lewendig te wees nie alhoewel ek dit verkies,ek het hulle al in potblou water gevang by hartenbos bankies maar elke keer op 'n lekker dieper plek.Op hierdie spesifieke foto sal ek tussen die agterste rif wat daar deurloop en die voorste sandbank gooi as ek op die spesifieke plek moet hengel want die vis kan deur die opening aan die linkerkant kom om daar te kom vreet en dit is net omdat die rif daar loop en nie 'n sandbank soos dit lyk nie en jy kan nie agter hom gooi nie..Hoekom ek sê dat galjoen nie daar sal byt nie is net omdat ek aanneem die foto is by Bayview geneem en die area tot en met Rheebok is nie eintlik goed vir Galjoen nie alhoewel daar al galjoene gevang is en ek 'n mooie gevang het maar dis meer die uitsondering as die reel.Hartenbos tot kleinbrak is beter vir Hotnotsvis,Stompkop en elwe en  kabeljou.Die Hartenbos strand is op sy beste nadat die water gedraai het en begin stoot tot en met vol water,baie dood op leeg behalwe as jy bereid is om ver op die banke uit te loop met jou prawn of vars rooiaas.As die foto op Danabaai geneem was sou ek gesê het jy sal tussen jou lyne Galjoen vang op wurm want hulle byt baie vlak ,die water lyk maar stillerig op die foto en as ek moes kies sou ek verbystap in agt geneem die Stompkop seisoen en die afwesigheid van Galjoene in die area.Beneke se klip is goed as die stomkop seisoen begin,dis die eerste plek waar hulle byt maar ook die eerste plek waar hulle ophou byt.Ek sal definetie eerder hier vir my 'n lewendige harder aansit vir 'n leervis as ek more op die spot moet gaan hengel,afhangende van die water temp.Ek sê nie ek is reg nie en areas verskil baie,ek praat maar oor my eie ondervinding en oor die spesifieke gedeelte van die kus.Beneke se klip is egter 'n goeie plek vir Stompkop maar ek verkies die area van die mond af op Kleinbrak toe.
 
Top