Ek en my vriend staan "early bird" staan en hengel op die strand en loop op en af om aas aan te sit en in te gooi.
Na 'n paar uur sien ons daar kom twee manne aan. Ek dink hulle het moed opgegee en is op pad huistoe.
Toe ek net klaar ingegooi het en regs in hulle rigting kyk sien ek die een man stap uit die water uit met 'n mooi kabbeljou wat ek op die afstand skat so 14 kg moet weeg. Die manne verdwyn agter die klip en ek dink hulle maak net gou die vis skoon voor hulle die trappe uitstap.
My hengelmaat kom van links af aangestap en kom vra my wat gaan daar aan. Ek se nog ewe die manne maak net gou vis skoon voor hulle huistoe gaan. My maat se nee man daai vis kom nou uit die see uit. Ek se nee man hulle het dan nie eers ingegooi nie, dit kan nie wees nie.
Early Bird stap toe ook om die rots se punt om te gaan invra en hy vat toe nogal lank om weer terug te kom en toe met die storie:
" Die hengelaars het met hulle aankoms op hulle hengelplek regs van ons iets in die water opgemerk en gaan kyk. Hulle kom toe af op 'n Kabeljou sonder stert, stomp af. Hulle het toe baie gewonder maar die slotsom was dat dit waarskynlik 'n haai was wat die stert stomp af gebyt het en die vis kon ontsnap. Verder het hulle geraai dit kon in die diepsee ook gebeur het want die vorige paar dae is kabbeljou van dieselfde grootte van die bote af gevang in die diepsee.
Seldsame storie.
Nou op die foto sien ek nou houkom my maat so lank geneem het om weer agter die klippe uit te kom:merm
Hulle het toe hulle self begin vang darem ook elk 'n eie vis gevang, fotos nog uitstaande
My ou hengelmaat het self toe die volgende dag 'n rare vangs gehad van 'n geskende vis, maar hy sal maar self moet wys en vertel.