Die proses om floaties self te vervaardig is 'n redelike ingewikkelde en duur proses. Dit gaan baie beter wees om net die floaties of mallows self te gaan koop.
Wat jy wel kan doen is om die plein floaties self te geur vir 'n spesifieke uitstappie.
Kry gewone wit floaties en gooi dit saam met 'n teelepel van die geur/dip wat jy wil he in 'n plastiek sak. Blaas die plastieksak op en skud die floaties sodat die dip meng en kleef aan die floaties. Gooi dan enige poeier by soos maizina, koekmeel, custard, instant poeding of floro in en skud weer sodat jy dan 'n bleeding tipe floatie kry.
As jy die floaties 'n ruk gaan laat staan sodat die dip intrek, gaan die floatie sag word en dan amper soos 'n mallow of softie werk.
Speel maar rond en jy sal gou die "hang of it" kry.