Fishing the Kunene......

kitefisher

Sealiner
Tuna, Lank lank gelede, maar ons het nie noodwendig tradisionele metodes gebruik nie, LOL Ek is seker jy wil weet wat die ouens nader aan die monding vang en nie noodwendig by die Epupa watervalle nie,maar ek kon myself nie keer om die ou kiekie te plaas nie.

Ieder geval ,van wat ek gelees en gesien het ,vang die ouens Leeries en Kabeljou naby die monding,afhangende van binnelandse reen wat die waterkleur om die monding kan beinvloed.Kyk bietjie op Google Earth hoe ver is die water verkleur om die Kunene mond.

Sien nou eers,dis onder varswater,kan eerlikwaar nie hierdie vissies se name onthou nie maar hulle was nogal volop,,Die Himbas het nogals n spesiale naam vir hulle gehad,baie beter geproe as ratpack Ovambo ......worsies,myne is die "grote" aan die regterkant.Het hom in gesteelde foil gebraai met n geleende ui en Rat-pack sop.Sal wat wou gee om weer daar te wees,

 

 

 

 
 

Attachments

  • DSC00643.JPG
    DSC00643.JPG
    31.8 KB · Views: 64

tuna

Sealiner
dis n great pic, was seker dit was lekker maar harde tye, dit lyk soos daai knorhane, nie seker of dit die regte naam is nie maar die goed brom so as jy dit uit die water uit trek
 

kitefisher

Sealiner
Jy's reg Tuna ,daai ou holrug-geryde storie van die lekkerste tyd wat jy nie weer wil he nie.Die kere wat ons hulle met handlyne gevang het ,het hulle n serious knor gehad,hulle was ander kere redelik stil as iemand per ongeluk n granaat in die water laat val het,lol.Nadat ek die snap weer gesien het toe dink ek weer oor hoe bizarre dit was in die ou RSA ek was 18.amper 19 op die foto.en op my 14 days pas mag ek nie "The Shining" in die "drive-in" gaan kyk het nie .Die ouderdoms-beperking was 12-21 jaar.In daardie dae het ons ewe veel visgevang van beide oewers van die Kunene af,as jy verstaan wat ek bedoel. 

Ek het eenkeer vir so 15-20 kilos gedrift met n inflatable,bietjie meer stroom-op naby Swartboois-drif,ons het probeer drift bait met sprinkane ens maar nie veel sukses gehad nie,alhoewel, dit was in die donker.

Sterkte met die ekspedisie,wanneer beoog jy om te gaan.

 
 

tuna

Sealiner
Ons trou in nov, dan gaan ons op in botswana , zambia en dan so om terug via kunene, na skedelkus toe vir n paar tande manne en dan weer terug george toe, ons ry maar so agter ons neuse aan of soos ons op die dag voel
 
Top