fish meal boilies

supa-m

New member
ek het gesit en dink as ek kompetiesies gaan vang dalk moet ek fish meal boilies maal en dan in my grondvoer inwerk dan sal die baber mos gelok word deur die reuk van die boilie en dan hoef ek nie n vis koppie te mors om te bepaal of die vis daar is of nie as ek sien ek begin babers op deeg en floats vang dan kan ek op skuif na grooter aas soos wurms en dan as die babers vinnig aan hulle byt dan gooi ek n grooter aas soos n viskop of lewer of hartjies asb se ir my wat julle dink oor die plan
 
:::SHi daar

Boilies sal werk maar ek gebruik soms Woolworths se kat pellets of hondekos , maal daardie pellets maar moenie te veel inwerk nie, en hou jou viskoppie wat klein is op n enkele hoek en doop alles sommer in Rooi Fluro poeier in , lekker morsige storie die en jy gaan rooi word. Jy behoort n baber of twee so te vang.
deeg en floatie is nie eintlik baber kos nie maar daar is n tyd in die jaar en as ek reg kan onthou is dit so Oktober , November dan vang jy die babers op die snaakse aase en selfs wit pap ook. Wurms in die bol werk ook met wurms op die hoek of hoenderlewertjies Jy kan alles maal dit werk maar dis n morsige storie, maar as jy babers of enige ander vis wil vang dan doen jy enige iets.

Onthou vars aas is altyd beter vir babers dit het ondervinding vir my geleer. Vrot of stink aas sal soms werk met babers wat baie honger of desperaat is vir kos.

Lekker aand
Hennie
 

supa-m

New member
baie dankie maar ek dink omdat ek carp ook target sal ek dink dat daai boilies idiaal is want hy het n vis geur en hy is ook natuurlik vir karp gemaak so ek dink ek sal die babers lok en as hulle daar is dink ek hulle sal dink ek is nou hier kom ek vat die aas wat hier is en as ek n paar babers gevang het sal ek daie groter ase gooi want dan behooort die menere daar te wees omdat ek kompetiesies hengel wil ek nie my tyd mors om n kop te gooi en hulle is nie daar nie so hoekom lok ek hulle nie eers en dan gooi ek koppe dit sal tyd spaar en dit gee my ook tyd om karp te hengel dit is maar net n idee jy weet ek sal dit die naweek of volgende naweek gaan uit probeer

 
 

Skuimkop

Sealiner
PASOP dit kan lelik back fire. Jy sê jy vang kompetisie. In daai geval target julle mos die klein Karpies. As jy nou babers in jou voer kol gaan in lok gaan daai klein vissies wat julle die punte besorg 'n move maak. En dan loop jy ook die gevaar dat die babers nie op die aas gaan byt wat jy vir die Karps aanbied nie.

Hoekom maak jy nie 'n aparte voerkol vir die babers nie en gooi net een van jou stokke so nou en dan daar om te kyk of die tekkie bekke al op die byt is.
 

supa-m

New member
ja dit is n baie goeie plan dalk moet ek twee aparte kolle gooi en kyk wat gebeer een stok gooi ek gemaalde boilies en die ander stok gooi ek gewoone skoon bom sonder gemaalde boilies maar soos ek se gaan ek die vrydag of saterdag dit gaan beproef
 

Unlimited

Sealiner
katvisbaber wrote:
:::SHi daar

Boilies sal werk maar ek gebruik soms Woolworths se kat pellets of hondekos , maal daardie pellets maar moenie te veel inwerk nie, en hou jou viskoppie wat klein is op n enkele hoek en doop alles sommer in Rooi Fluro poeier in , lekker morsige storie die en jy gaan rooi word. Jy behoort n baber of twee so te vang.
deeg en floatie is nie eintlik baber kos nie maar daar is n tyd in die jaar en as ek reg kan onthou is dit so Oktober , November dan vang jy die babers op die snaakse aase en selfs wit pap ook. Wurms in die bol werk ook met wurms op die hoek of hoenderlewertjies Jy kan alles maal dit werk maar dis n morsige storie, maar as jy babers of enige ander vis wil vang dan doen jy enige iets.

Onthou vars aas is altyd beter vir babers dit het ondervinding vir my geleer. Vrot of stink aas sal soms werk met babers wat baie honger of desperaat is vir kos.

Lekker aand
Hennie
try dit ook nou al jare in mense se koppe kry
 

supa-m

New member
ja ek weet maar ek het die world carp champs gekyk en toe sien ek as hulle iets visserigs in hulle aas sit lok hulle babers so ek maar net gedink as ek die babers klaar daar het dan kan ek koppe gooi en nie my stokke te lank buite werking hou nie as die baber klaar daar voer
 

braailegend

Senior Member
Anders kyk no trout pellets ook. As jy dit biki klam maak met water kan jy ook 'n bom maak daarmee. Karpe love dit, vang meeste van my vis daarmee(in PVA)
 

supa-m

New member
ek het geoefen en toe gooi ek tuna in my voer ek het die meeste klein babers met deegies uit getrek en toe slat ek vas met n klyn karp ek besluit toe dit is tyd en ek maak sy kop af en toe pluk ek my lang lat uit en gooi daai lekker kop nie 5 min toe hardloop my stok inophoudelik en toe ek vas slaan toe is daar niks so my plan het so n bietjie gewerk
 

Cheetha FS

Sealiner
Soos Skuimkop gese het babers en karpe swem nie saam nie en as jy die babers wil lok gaan jy al die karpe weg jaag. As jy altwee wil target moet jy die twee lyne ver van mekaar af hou. Op kompitisies is karp gewoonlik jou target vis wat die grootste pryse kry so om die twee te meng gaan jy al die klyn babers lok en al jou kanse op n wenner karp verbrou.
 
Top