Enige Iemand by Vaaldam die Naweek

Fishnewbie

Senior Member
As als goed gaan, dan gaan ons Vrydag Aand/Saterdag Oggend deur ry Steyns toe op die Vaaldam. Gaan bietjie papswaai en n snor of twee try vang. Gaan enige Iemand anders dalk daar wees? Ek het seker al elke post gelees oor die plek, so ek is redelik clued up, maar jy moet tog vra, hoe is die fishing daar die laaste ruk?
 

Fishnewbie

Senior Member
Dis min of meer wat ek ook wou vra... As daar Liga is gaan ons erens anders heen af in die pad, eks nie seker waar nie. Dankie Naruto, early warning is beter as om op te daag en dan net disappointed te wees.
 

Waldok

Senior Member
Dink die water is ook n klein bietjie dieper as ek dit nie mis het nie.

Ek het weereens gehoor dat Steyns toemaak Naruto. Blykbaar Joggie Nel ook.
 

Fishnewbie

Senior Member
Dankie vir die replies, ek volg ander mense daarna toe, en is nou nie seker waantoe ons gaan nie, dit mag dalk even rosslee wees. Ek sal gaan lees daaroor, en dit as n voorstel los vir die mense. My Vaaldam experience strek tot by Erasmus, dit is die enigste oord waar ek al gaan vang het, en is baie excited om weer te kan gaan.
 

Naruto

Sealiner
Ek weet Jogie Nel gaan nog net tot desember oop weesm baie hartseer, want ek love daai plek. Steyns is nie so erg nie haha!
 

Naruto

Sealiner
Baie lekker. Was lanklaas daar, maar sit gerus n aas uit vir n groot baber. Die res is maar standaard vaaldam benadering. Sterkte en laat weet asb hoe dit gegaan het.
 

Fishnewbie

Senior Member
Dankie, ek hoop ek onthou, ek is baie skuldig aan die ek wil uitgaan en gaan visvang, maar ek vergeet om terug te kom hiernatoe.
 

Waldok

Senior Member
Die probleem Naruto is dat die hengeloewers al hoe minder begin raak. Dit is hartseer.

Lekker hengel by Rosslee.
 

Fishnewbie

Senior Member
Kan iemand my dalk se waar is Rosslee?

Ek het eers gedink Steyns is die Groene, toe met verdere navorsing lyk dit Steyns is die Rooi ene, en ek dink Rosslee is die Gele?

 

Fishnewbie

Senior Member
Baie Dankie, nou kan ek gaan loer na wat ek kan kry op die subject. Wat is die beste plek as ek Baber wil Target? Nader aan die inloop se kant?
 

Naruto

Sealiner
Iemand het vroeer vanjaar n massive baber gevang reg in die middel by die bome. Daar was n post op sealine gewees.
 
Top