Elf in Suidkaap riviere

die spook

Senior Member
Hallou almal

Is daar enige riviere in die Suidkaap waar mens elf op kunsaas kan teiken?

Ek het n paar Ondas en Tobys om hulle n pak slae mee te gee.

Geseende Kersfees,

Spook
 

EugeneC

Sealiner
Klein Brakriver, Sedgefield lagoon, Knysna Lagoon, Keurbooms, Gouritz...plenty of places to target shad in the SC.
 

die spook

Senior Member
Naands^e

Nou nie n elf nie, maar hyt my dag gemaak. Op ZKiller in die Suidkaap gevang. Totale lengte was om en by 55cm. Hengse geveg opgesit en heeltyd sy kop op die oppervlak geskud.

Kon ongelukkig nie n mooi foto neem nie want ek was alleen. Kan glad nie selfies neem en wou hom so gou moontlik weer in die water kry. Hy het sterk weg geswem.

Die gerei wat gebruik was was 10lb JDB vleglyn, 7ft Daiwa stokkie en 2000 Daiwa koffiemalertjie.

So bietjie meer as n week gelede n 40cm leerie op dieselfde gerei gekry, maar op Heddon se Zara Puppy.

Spook
 

Attachments

  • Zkiller.jpg
    Zkiller.jpg
    113.5 KB · Views: 546
Lekker boet, you must have the action right in those spooks ;)

If there was an elf there you would have caught it..Got a few elfies the other day, they were hiding in the foam right at my feet with the water being so warm and oxygen being so low..
 

die spook

Senior Member
Hallou

:whisp Dit was in n brakrivier.

Die geraas van die bote het leeriehengel maar moeilik gemaak.

Het jy paar Gouritz leeries gekry goliat?

En ja Doc, ek kry die aksie van die Spook nou mooi reg. Lyk my die see is n beter opsie vir elf.

Groete
 

goliat

New member
die spook wrote:
Hallou

:whisp Dit was in n brakrivier.

Die geraas van die bote het leeriehengel maar moeilik gemaak.

Het jy paar Gouritz leeries gekry goliat?

En ja Doc, ek kry die aksie van die Spook nou mooi reg. Lyk my die see is n beter opsie vir elf.

Groete
Lol,ok...dan help die Goennas so bietjie...Nee,nie onlangs nie,was lanklaas by Gouritz,maar het al n paar gevang op bucktails veral...hulle swem ook nie verby n harder nie..gewoontlik baie vraatsig..;)
 

goliat

New member
Lyk dodelik..!Waar kan ek van hul kry?Weet nie of dit in M.baai beskikbaar is nie..?Anders dalk hier in die Kaap soek..:cool:
 

die spook

Senior Member
Lekker baklei op ligte gerei... Hys terug bloudam toe om groter te groei.
 

Attachments

  • Boksertjie.jpg
    Boksertjie.jpg
    97.9 KB · Views: 217

die spook

Senior Member
Die elf in die eerste pic was gevang op Velddrif by die brug, terwyl die tweede een by Blakes in die Strand gevang was. Hulle was albei vrygelaat.

Die kunsaas waarop ek beide gekry het is n wit Storm Flutterstick. n Medium tot vinnige walk the dog aksie net onder die oppervlak was die aksie wat hulle verkies het.

Die elf gryp die kunsaas met mening aan die stertkant en dit veroorsaak dat die treble hom elke meestal in die bek haak. Van die leeries wat ek op kunsaas gevang het het weer van die kant gegryp en dan het die hoek hulle in die kant, rug of kop gekry. Enigeiemand al dit teegekom?
 
Top