Ek weet dis bietjie van die onderwerp af maar dis interressant as dit korrek is dat hulle in die toekoms moontlik slegs twee vis by die hek sal uitlaat. Karp is 'n uitheemse vis en teel so vinnig aan dat hulle inheemse spesies helemal uitboer. Vandaar die feit dat hulle van tyd tot tyd die bevolkings met nette uitdun.
Hier naby my in Table View by die Flamingo Vlei is dit so erg dat jy verbied word om karp vry te laat. Jy is verplig om al jou vangste te behou, maak nie saak hoe klein dit is nie. Jy mag egter gladnie die inheemse vis soos Springer wat daar voorkom, hou nie.
Terloops, ek en paar Sealiners wat gewoonlik op strand en rotshengel konsentreer, het laas Saterdag by Zeekoevlei gaan hengel. (Die ou karpstokke, ens bietjie afgestof) Ons het alles probeer tot ongeveer 10 vm. Toe probeer ons floaties in knoffel.... 5 minute en hy's vas! Daarna het ek plain floaties in Goofy (wat ook na knoffel ruik) gedip en daarmee gehengel. Ons moes sowat 120 meter instap. Tussen twee van ons het ons 7 karpies gevang. Kleinste 2 kg en grootste 6,9 kg. Hulle was in uitstekende toestand en veral die 4 tot 5 kg klas vis het ons 'n redelike run vir ons geld gegee. All in all 'n heel lekker outing gewees.