Ek soek meer insig oor aas

mitchviljoen

New member
Hi Almal,

Ek is tot nuut op die forum. Ek vang maar so aan en af vis so elke keer as ek gan wil ek so goed moontlik doen.

Ek het nou begin meer oplees oor die convetional karp hengel. Een ding wat ek nie wil he is om 'n masiewe kas saam my te dra nie, en my kar het nie plek nie. ek vang nou al 'n geruime tyd met floaties en verstaan die konsep dat dit hou jou aas en hoeke uit die modder uit. Maar nou kom die ding in waar ek verkeerd gan dink ek. Ek koop gegeurde floats en plain bomb, (die konsep van mielies wat gegeur is). Nou hoe meer ek lees sien ek dis beter om met als plain te vang, en dan van daar af op te bou, jou bol 'n geur of drie gee. My vraag kom nou in wat van die floaties? Is dit beter om met die plain of gegeurdes te vang?

En wat sal julle as julle sou wou se is die top tien geure/attractors/floats om te he?

Ek is ook op soek na 'n paar 12voet stokke en katrolle vir my meisie wat nie te duur is nie is daar iets op die mark?

Jammer vir die lang boodskap, en dankie vir die terug voer.

Groete

Mitch
 

Waldok

Senior Member
:welcomesea:

Jong Mitch, baie van wat jy genoem het hang maar van persoonlike keuse af. My persoonlike keuse is plain floaties, wat ek in geel en wit kleure het, plain wit deeg en plain mieliebom wat ek aanskaf. Ek gebruik boldips wat ek dan op die bol sit, so ek hengel die meeste van die tyd. Werk redelik goed vir my. Vir my persoonlik wil ek nie te veel geure in die water he nie. Party ouens sal twee of drie geure op die bol sit, dan nog n ander geur floatie op elke hoek sit, dan sit jy met 5 geure in die water???? Maar dit werk vir hulle.
Hengelaars praat baie oor "Gebruik waarmee jy gemaklik voel", en ek stem 100% saam. As jy nie gemaklik is om n dip of aas wat jy aan het mee te hengel nie, en jy cast hom in, dan is dit dit. Sit eerder op wat jy wil opsit.

Ek hengel dan ook net een hoek met n floatie aan, en die ander hoek net deeg. Ek sit my floatie op die onderste hoek saam met deeg, en bo net deeg.
 

Waldok

Senior Member
My top tien geure op die oomblik.

FX
Devilsfork
Strawlic
Juana
R2K
Banjo
Looti
Heuning
Sticky (TAC)
Rooi GP
 

Naruto

Sealiner
Welkom by Sealine!

Ek het n Plain Rooi flaotie ook in my kas. Werk baie goed by die vaaldam.

As ek social vat ek nie eers die helfde van my ase en dips saam as wanneer ek komp hengel nie.

Vir floaties sal ek Plain, Almond en Cinnamon insit.

Ek gebruik Carp World se degies nou al vir ses maande en dit word nie sleg nie. Het Strawberry, Garlic en Plain.

Dips wat ek altyd sal saamvat is:
FX (Karamel)
Bunspice of perdeby tipe dip (ruik soos Fireballs)
Looti (Raspberry tipe geur)
Garlic
Duiwelsdrek/Entress druppels (Lennons)
Vaaldam
Almond
 

PI

Senior Member
Mitchviljoen:

 Waar hengel jy as jy gaan hengel?

My gunsteling dips tans (dit change redelik)

1. Banjo/Stats

2. Strawlic

3. Rooi GP/Looti

4. Almond S

5. Tjop Tjop

PI
 

mitchviljoen

New member
Hi PI,

Ek bly in JHB so harties is die maklikste, ek gaan meestal roos se oord toe. Ek gaan nou onlangs meer na Klipvoor dam. Wil graag in daai omgewing al die damme probeer.
 

pumamangp

Senior Member
the mistake most people make is to over flavour and then to feed one thing/bait/flavour and then fish with another.
 

PI

Senior Member
Ek sal kyk wat ek kan opgrawe oor harties ne so ann, maar jy kan gerus ook die vaaldam try. Dis verder, maar die vis is altyd aan die byt.
 

mitchviljoen

New member
Hi PI,

Ek het oor nuwe jaar daar gevang, was net een aand daar. Ons het oraait gedoen. Maar meer babers as its anders. Sal graag weer wil gaan. My meisie se ouers bly in Heidelberg so van daar af is dit nie te ver nie! Het jy dalk inligting oor 'n paar plekke?

Groete
 
Ek het gisteraand 'n ou VASKAP program gekyk, waar Louwtjie gese het dat hy een hoek 'n floatie opsit en die ander hoek 'n degie. Dit gebeur dan in die meeste gevalle dat die kleiner vis die floatie vat (maar groter vis vat dit ook). Die grooter vis word dan op die degies gevang wat op die bodem gaan le. Hy gebruik 'n floatie soos FX vir die doel dat dit 'n kleur afgee in die water.
Ek persoonlik hengel met plein geel en wit floaties. Ek het gegeurde floaties in my kas, maar gebruik dit selde. Het dit self gegeur vir 'n spesifieke venue.
Vaaldam is eintlik 'n "maklike" dam, waar al die dips op die mark sal werk. Elke persoon ontwikkel 'n liefde vir 'n spesifieke venue terwyl ander ouens nou weer n ander plek sal verkies.
Top 10 geure??:
Devilsfork
Ebony
TAC
FX
Hasbeen
Looti
Vicks
....
....
....
 

bigfish 2

New member
Hi daar ek weet waar jy bly nie maar hier by ns het ons n lekker vis vang winkel met die naam van western accessories boksburg en hulle is nie te sleg met prysse nie.
 

Oom G

New member
Hi Mitch,

Kyk bietjie in die FAQ gedeelte het Naruto n' hele article geskryf oor karpvang vir beginners....i.e things i knew before i started angling ens.... Ek het daai info net so vir ons Juniors gegee met baie van die articles wat saam oor daai tydperk geskryf is en die resultate is baie positief.....Sommer in daai asem.....Thanx N.....

Top 10 Dips

Almond

DR T

Fx

Banjo

Ebony

Skotland

Perdeby

Tjop Tjop

Garlic Special

Duiwelsdrek skoon (Lennon produkte)

 
 

Brakkanjan

Senior Member
Oom G, watse geur is Skotland ? Een van my beste geursels wat karp en baber vang : Jan van den Heefer se GTV (Garlic, TCP, Vaaldam mix):ifishin
 

Otter@mmm

New member
In my ondervinding onlangs het ek verskriklik goeie resultate gekry op corn floats...Dit werk vir my.Ek hou nogsteeds van my plain floaties omdat ek dit altyd kan dip .Bleeding floaties is ook 'n wenner veral Escape en Monster carp (Magic Baits)

My top 10 dips is

Banjo
Tjop tjop
Bloutrein
Dusk and Dawn
Yellow activater
Devilsfork
Perdeby
Bunspice
Vatikaki
Legend

Dis net my opinie
 

Oom G

New member
Skotland is basically n' mengsel van Duiwelsdrek en Scotts Emulsion original.

3 duiwelsdrek

1 Scotts Emulsion original

Ek gaan hengel nerns sonder dit nie.....
 
Top