Ek het so ruk gelede n resep by iemand gekry hoe o

fredski

New member
Ek het so ruk gelede n resep by iemand gekry hoe om witpap in die mikrogolf te maak asook in n banksakkie op die stoof. Kan enigiemand dalk help....ek het die resep verloor
 

Naruto

Sealiner
1-2-3 pappie:
1 deel koekmeel
2 dele mieliemeel
3 dele water
Jy kan ook geursel of vlae saamvoeg vir smaak
Meng als goed en microgolf vir so 8-10minute

Die banksakkie ene ken ek nie. Hoop iemand kan help want dit klink interresant.
 

Jafta1

Senior Member
Ek maak soms my pappie met 1.5 dele koekmeel. Maak die pappie bietjie taaier en as dit uitdroog kan jy net bietjie water inbrei en is dit weer taai en reg vir die dag se hengel. Ek maak gewoonlik een wit, een geel (florousien) en dan een oranje (egg yellow). In my ornaje pappie sit ek soms ook florousien want dan is dit oranje in die water en die die florousien maak die geel/groen wolkie in die water as die papie so 10 minute gele het. Toets dit eendag in glas water want as jy jou aas in florousien poeier dip dan was baie af nog voor die aas lank gele het. Met die florousien in die pappie word dit stadig vrygelaat en maak dit 'n mooi wolkie.
 

shuraj

Sealiner
Instead of Cake flour you can use Semolina , which works just as well .

The method that i use

2 parts of mielie meal

1 part semolina

1 teaspoon instant moir pudding (caramel)

2 parts water and cook for 5 min in microwave oven .

place in fridge to cool off and the pap will be soft th entire day .

 
 

lebaka

New member
just a tip when you are using microwave if your cook time is 5 or 10 minutes i take it out every minute and give it a stir
 

shuraj

Sealiner
very good point Gary , cause some times it burns.

Dont add the essence before you place in micro , prefferably after , as teh heat tends to kill the smell.

Therefore i use the powder instead of the liquid.

 
 

Bottie

Member
Naruto wrote:
1-2-3 pappie:
1 deel koekmeel
2 dele mieliemeel
3 dele water
Jy kan ook geursel of vlae saamvoeg vir smaak
Meng als goed en microgolf vir so 8-10minute

Die banksakkie ene ken ek nie. Hoop iemand kan help want dit klink interresant.
Neem dieselfde mengsel, net minder op 'n slag, 'n lepelvol, plaas in banksakkie en druk plat. Seel die sakkie. Kook water in ketel of kastrol, sodra water vinnig kook, gooi 'n paar sakkies,3 of 4, in die kookwater. Neem so 8 na 10 minute. Haal uit en brei goed deur om die regte tekstuur te kry. As dit 'n ketel is wat self afskakel, haal die deksel af, dan sal dit aanhou kook. Die proses mors egter 'n bietjie, doen dit as die sagte lyfie nie by die huis is nie.
 

Herra

New member
Hi Almal

Vertel ,my bietjie. Waar kan n ou die tyd van die jaar leke karp vang rondom Pretoria. Ek is maar n ou pap goeier en sal bietjie raak laaik van wat se soort stroppe julle gebruik hie rond in die damme.
 

Naruto

Sealiner
Herra, welkom by sealine!

Gaan kyk bietjie hier:
http://www.sealine.co.za/view_forum.php?id=102
 

dirk77

New member
Ek maak n gewone deegie met koekmeel en water sit dit in n bank sakkie en gooi dit in n pot wat kook ek los dit totdat die sakkie begin dryfdan is dit reg het dit gister gebruik by olifants nek en dit werk
 
Top