Ek het lank "The Original" voer gebruik waarmee ek

Naruto

Sealiner
LourensP wrote:
Eish, nou copy Smitty weer vir Swannie.....Mielie Muti is 'n Pro-Dips dip.....en hulle probeer, maar kry hom nie reg nie... :)
Die Champion Mielie Muti wat ek het het ek seker al 5 jaar. Daai ding is erg sterk en ek wou hom nooit gebruik nie tot ek agtergekom het die vis like hom. Ek is nie n groot fan van Champion disp nie, maar dis een wat ek wel gebruik. Die ander se naam is Odyssey(Bunspice). Werk lekker saam met looti op die bol.
 

Oom G

New member
As jy Bunspice en Lootie op die bol sit...wat gebruik jy dan op jou hoeke....n' gewone soetdeegie met n wurmpie of gegeurde floaties....?
 

Bruggie

Sealiner
Gereelde combo wat ook vir my werk is kariba wurm met swd backing op die onderste hoek gedip in garlic en bunspice floatie op die boonste hoek met swd backing. Moet sê dit werk kwaai in winderige toestande.
 

Oom G

New member
Ah okay...!....Ek sien garlic is hoog op die lys die tyd van die jaar.... Ek is nuut op die spel so asb.....bear with me.....:)

Instede van garlic kan ek mos dan duiwelsdrek gebruik....reg..? Of...ons meng Skotland...wat bestaan uit een part scotts emulsion original en 3 dele duiwelsdrek en die resultate is goed..... Maar ek sien julle gebruik skoon D.D.....

Ek het deur al Naruto en die ander se posts gegaan van die verlede oor al die goed so dit help huidiglik met my hengel....:))

Een vraag....As jy die voer meng met sweetcorn en koo mielies, hoeveel soet moet ek dan nog by sit op die bol sienende die voer al klaar soet is...?
 

Naruto

Sealiner
Duiwelsdrek is nie garlic nie. Dit is asafoetida plant ekstrak. Ek hou daarvan om hom te gebruik as dit lyk of die tempo bietjie afgaan. Ek sit so kol op die bol of soms dip ek ook die een hoek. Ek weet van ouens wat dit in n degie meng en goeie resultate kry. Groter vis hou van hom.

Devilsfork is n dip wat uit twee geure bestaan: Garlic en Almond. Werk soos n bom reg deur die jaar vir klein en groot vis.
 

Naruto

Sealiner
Nog n gunsteling van my is Boogeyman. Het die resep iewers op sealine gekry. Dis 20ml Entress druppels in n 50ml bottel opgevul met heuning en n tikkie rooi floro. Het al n hele paar mooi vis gevang met hom.
 

Oom G

New member
Nee ek weet Duiwelsdrek is nie Garlic nie...LoL!:)

Dis net vir my opvallend dat julle dit skoon gebruik en hoe nader dit aan winter raak hoe meer word dit genoem in moeties ens..... Maar die laaste tyd word garlic nogals meer genoem as van tevore....

Naruto,

Hoeveel garlic sit ek op die bol indien ek dit gebruik.....die rede vir my vraag.., Indien die wind waai, sit ek sekerlik meer op, reg? en Sou D.D nie beter werk dan nie?
 

Naruto

Sealiner
Ek hengel maar in deesdae met garlic. Ek het n garlic degie (Carpworld) wat ek wel baie gebruik, maar juis omdat die kleiner vis hom sook like los ek hom maar.

Ek sou nie sê hoe kouer, hoe sterker(meer) dip nie. EK het maar my gereelde combos wat ek mee begin en werk van daar af. Ek hengel meestal by Vaaldam en daar is nie regtig n verskil tussen winter en somer daar nie. Die tempo is net laer in die winter, maar die vis is gewoonlik groter. Ek sal nogsteeds eerder min dips gebruik voor ek die vis se sintuie oorweldig met te veel geure. Dis belangriker om die vis te kry(afstand) as om die regte dips te gebruik. byt die vis naby of ver? Hoe gereeld byt hul op daai afstand? Wat is die grote van die vis wat byt? Dan sal ek eers iets verander in my geure om die tempo dalk aan te help of om groter vis te trek.

Ek vat elke sessie as n nuwe ervaring. Geen sessie is ooit dieselfde nie. Al sit jy op presies dieselfde plek. Dinge soos weer, lugdruk, wind, suurstof in die water en hoeveel kos daar alreeds in die water is speel n rol en dis iets wat altyd verander. Selfs tydens n sessie verander dit en dis wanneer n mens so bietjie getoets word. Met ons onlangse social by Koppies het die vis lekker gebyt to die maan se geskeduleerde "vol" wees. Daai sondag was maar n stil dag vir almal. Ek het tot my een lyn oor die 250m uit geroei en die vis wou net niks weet nie.
 

Oom G

New member
mmm...Jy sien, by ons is die dag, water en seisoen verskil in temperatuur groot...want dit gebeur, veral in die winter, dat jy die oggend begin hengel om 6 uur waneer dit normaalweg so tussen 0 en 12 celsius is.... en daai temp kan wissel tot so 26 deg om 1 uur.... dit het ek al oorgekom....( ek noteur maar die goed vir toekomstige gebruik....)

Die vis vangs wissel maar van dag na dag geduurende so n' kompetisie.... Dit het my al oorgekom dat ek die vis op 100m begin vang, 3 karp vanaf 6 uur to 11 uur, toe het die son begin kou....Ek hengel toe nader tot so op 50\60m en daar het ek karp en Muddie opgetel....so ek neem aan dat die groot wisseling in temp moes die rede gewees het....soos jy al genoem het op ander posts....

In so geval, hengel ek nader met alby stokke of bly een stok diep...?
 

Naruto

Sealiner
Hier is dit gewoonlik ondersom. Ons sal gewoonlik eers n paar vis naby kry en dan soos die dag aangaan beweeg die vis dieper. Ander dae begin die vis naby en so hou dit die hele dag aan. Dan haal ek my kort stokke uit want ek weet ons gaan besig wees. Soms begin ek ver hengel en soos die dag aangaan neem die tempo toe. Kan nie dink dat die vis eers ver byt en dan nader kom nie...lol! 26grade is darem n groot temperatuur wisseling!
 

Oom G

New member
Ou maat....dis die suide van Nam die...! hier jaag die hase die katte wat eintlik opsoek na honde is vir aand ete as hul die dag nie regtig honger is nie...LoL!!! As dit reen slaan mense vensters toe, sluit deure en bel die dominie vir consultasie....!

Nee ek spot sommer..LoL!!....Dit is wat my ondervinding was die laaste 2 keer wat ek in die winter gehengel het..... Om jou te beaam op die temperatuur.....Ek was in Ausenkehr gewees teen die oranjerivier laasjaar Desember...okay...dis nou ver van winter af,maar ons le naby die weskus so dit speel n' rol.... Die dag was dit omstreeks 3 uur 56 Deg gemeet op termostaat wat in die druiwe gebruik word.....en die aand so 9uur se kan toe trek ek n' trui aan...... So ja...LoL!!

Okay, dis die kort en die lank van daai saak.....naute is soos die kraai vlieg 200km van die see af...so warm..ggrrmmm okay *&^%$n warm lug met die see lug speel nogal n' rol party dae....:)

Naruto, Was jy al in Nam?
 
Top