Ek gaan die naweek bietjie daai kant toe. Blykbaar

Rooibok

New member
Ek gaan die naweek bietjie daai kant toe. Blykbaar is die karpe maar aan die klein kant daar en sal dit moeilk gaan om n PB te breek.

Het nog nie voorheen by oranjeville gehengel nie en sal enige raad wardeer asb ^^.. 
 

jacogrobbelaar

Senior Member
Gaan jy na Oranjeville vakansie oord toe. Ons was so 2maande terug daar op stand 4 en 5. Jy moet diep gaan. 150m tot 200m. Ons het goed gevang op vrugte geure. Ons het op 170m in 10m diep water gevang en met 15kg crush mielies gevoer. Die grootste karp was 7kg
 

Naruto

Sealiner
Gaan jy by Oranjeville vakansie oord hengel? Dis mos maar amper rivier daar. Het al van groot vis hoor uitkom daar. Vaaldam hou maar van Perdeby, Looti/Vicks combo, FX/perdeby combo, Kiana/Perdeby combo, Perdeby/Looti combo, Boogeyman.

Doen jouself n guns en koop Supercast se Juana mielies. Sit 2 op n #2 hoek en laat lê.
 

Rooibok

New member
Dankie vir die waardevolle inligting. Ons bly by n vriend van my se plek iewers lin oranjeville langs die dam. Ek voel nou bietjie meer positief. Dalk hak n ou iets vir die 20 pond draad ^^..::S
 

Rooibok

New member
Naruto wrote:
Gaan jy by Oranjeville vakansie oord hengel? Dis mos maar amper rivier daar. Het al van groot vis hoor uitkom daar. Vaaldam hou maar van Perdeby, Looti/Vicks combo, FX/perdeby combo, Kiana/Perdeby combo, Perdeby/Looti combo, Boogeyman.

Doen jouself n guns en koop Supercast se Juana mielies. Sit 2 op n #2 hoek en laat lê.
Is bogenoemde op die bol en dan tigernut of floaties op die hoek?
 

Enigma

Moderator
Oranjeville Holiday resort is in the dam and has 6.7km before you get to the other side the Municipal resort is in the river section at 350m the water is 15-20m deep and fish up to 15kg are caught there as well as the SA record Lage Mouth Yellow of 22.2kg
 

Rooibok

New member
Seker maar lekker vaal van die winter.
Ek gaan diep gaan en 1 of 2 stok met cluster/string tigernuts laat lê vir so lank dit vat.
Wat dink jul is n goeie diepte...so diep as moontlik 10m+?
 

Naruto

Sealiner
Thanks Enigma. Learn something new every day.

Rooibok, I would say a good depth would be between 6-10m.
 

Rooibok

New member
Ek sien nou die draad is onder conventional oopgemaak. Ek geniet altwee metodes ewe veel. Die kinders verkies egter conventional. Dit hou hulle besig.

Ons hoop maar die weer speel saam. :SSS

 
 

Rooibok

New member
Het toe Saterdag tot vandag gehengel.

Die temperature het gewissel van 0 tot 20 deur die dag. Die wind het Sondag so 20km/h gewaai maar andersins was dit meestal windstil.

Water temperatuur 13 grade

Ons het op 3 dieptes gehengel. Op 250m was daar n dropof wat van 13m na 20m toe val in n paar meter. Dis seker die ou rivier wat daar deurloop. Ek het daar met mielies wat ingeryg was op 2 hoeke en met n ander stok met maize tigernuts(5 op n haar) gevang. Grootste vis 2.1 kg. Die bedding is 30m breed(20m diep) dan styg hy weer geleidelik. Miskien moes ek daar ook n stok probeer het.  

n Ander stok was op 10m met peanut tigernuts(2 op n haar) . 3 visse(grootste 2.5kg) daar gevang en n grote verloor vanoggend na ek vas gesit het.

n Paar stokke was op 5m en vlakker. Ons het in die oggende tot 10 uur n hele paar karp van om en by 1.5 - 2 kg gevang op plain floaties en iets soets op die bol.

Ek het n krap op n stok laat le van gistermiddag af wat vanoggend geloop het. My vriend het te vinnig gekap en die vis het weggekom. Die baber/gele moes die krap seker eers ingesluk het voor jy kap? 

Ons het gehoor die ouens by die kamp area het niks gevang so dan het ons seker nie te bad gedoen nie.  :fswim

       

 

 

 
 

Attachments

  • oranjeville.JPG
    oranjeville.JPG
    21.2 KB · Views: 145

deez142

New member
Hi guys im new here ::S

I went to Oranjeville over the weekend and i could not go as deep with my line as i wanted to so we did not get any bites.

We had alot of stucks dont know why.

People told me its beter to make a feeding spot and have to take your line in deep is this true?^^..

 
 

Rooibok

New member
Die visse was baie aktief hier na aan die wal. Veral in die oggend tot 10 uur. Ons het gevoer maar dit het nie rerig n verskil gemaak nie. Die water was te koud dink ek.

Volgende keer gaan ek n halwe baksteen met n garing draad aan my rig sit as ek verder as 150m vang. ^^..

n Oom wat daar bly vir 15 jaar se dis die enigste manier hoe hy vang en vir aas gebruik hy Koo mielie pitte. Sy grootste vis is 15kg. 

 
 
Top