Ek en JPS (Justplainshark) het besluit om n bietji

Waldok

Senior Member
Ek en JPS (Justplainshark) het besluit om n bietjie te gaan hengel by Cilliers aand die Perdekamp kant saterdag. Nou JPS het so lanklaas gehengel, en hy was so geroes, ek moes hom Q20 spuit. Maar dit het darem nie lank gevat vir hom om aan die gang te kom nie, dit is mos soos fietsry.

Ek was vinnig uit die blokke met FX en tjop tjop op so 50 m, terwyl JPS n karp koppie gegooi het wat in die vrieskas was van n vorige hengel trip. Sy ander stok het hy begin met TAC en hasbeen, en dit het sy eerste vis gebring, en hy het my begin inhaal met daai kombinasie (met een stok, terwyl sy karp koppie nog le...). Ek het darem n effense buffer gehad van so twee vis, toe ek besluit het ek gaan met kombinasies speel.

Ons moes tussendeur stroppe bou, want ons het net 2 elk gehad om mee te begin, en JPS het met n Vaaldam strop begin. My eerste verandering was R2K, en soos julle kan onthou is dit een van die dips wat ek wou toets met kombinasies. Enigma het voorgestel dat ek dit met Kiana gebruik, en ek het eerder Juana saam gebruik. Ek het toe mooi tempo begin kry met dit en die vis was aan die gang. Hier in die middel stadium van die geveg, het dinge maar aan die stil kant geraak, met hier en daar n vis. Ek het ook peach probeer saam met Almond soos Naruto die ander dag voorgestel het, en ek moet se, hy het ook aan die gang gekom na n paar gooie. Jps het toe ook op die R2K/Juana karretjie geklim en het my vinnig begin inhaal met double ups, en selfs n klein baber. Hy het toe die karp koppie uitgehaal en maar vir tempo gegaan.

Ons het nou nie keepnets saamgevat nie, juis omdat ons social. Ek het opgeinding met so 20 vis en hy het met so 15 vis geeindig. Ons kon baie meer gevang het as ons regtig wou, maar ons het nie regtig stroppe gehad om tempo te hengel nie en ons het met n paar kombinasies gespeel. Het maar net vir ontspanning gevang.

Afstande was maar tussen 50-80 meter en die kombinasies wat die mees suksesvolste was, was maar hierbo genoem.

Cheers vir eers

 
 

Waldok

Senior Member
Het ook n pink karp gevang (Duitse karp), enigste foto.
 

Attachments

  • Image0010.jpg
    Image0010.jpg
    83.5 KB · Views: 127

Naruto

Sealiner
nice. Dankie vir die verslag. Eks bietjie kleurblind so daai karp lyk ma net meeste ander karp vir my haha! Eks bly Jps kon bietjie weer n lyn natmaak. Daai is nogal n paar interresante combos wat jy da noem.
 

Brakkanjan

Senior Member
Great stuff julle! Bly julle is weer in die game. Waldok weet jy ek het so botteltjie Rhodium (Sterk Rose geur) in my kas wat ek seker nog net 2 keer gebruik het. Ek dink ek moet hom dalk bietjie inspan.

Almond is seker die geur in my kas wat ek die meeste gebruik en hy werk goed saam met baie ander kombinasies.

Lyk my die 2 broers gaan die vis roer.:SSS
 

LeonK

Member
vashakfontein, of beter bekend as draaifontein

asof ek nie genoeg stroppe by die proewe verloor het nie.
 

Waldok

Senior Member
Ons sal teenwoordig wees by die volgende klub komp.

Leon: Kan jy onthou hoe ek laas my stroppe afgegooi het by die vorige klub komp? Coco het agtergekom hoekom dit gebeur. Ek het gedink dat die hoeklyn en skaglyn dieselfde dikte moet wees...... Beginners foutjie. So die skag lyn was te dun, en dis waar ek hom afgegooi het.

Anyway, water was a bit cold at Cilliers, probably because of the rain.
 

LeonK

Member
en ons gaan weer heerlik sukkel in die vlakwater van draaifontein juis met die koue.

LOL waldo, ek en koekies het self begin wonder waarmee jy besig was dat jy die stroppe so afgooi. as dit nie aan jou skoenveter vassit nie, dan gooi jy hom af.

onthou dat ek jou daai knoop wys vir die stroppe
 

Brakkanjan

Senior Member
Welkom terug JPS, goed om jou weer te sien. Geniet altyd jou insette.

Hoop julle het 'n great dag die naweek! :::S

Jy is seker besig om stroppe te bou, die dat jy nog wakker is ::S
 
Top