Ek beplan 'n hengel trip na Bloemhof. Ek soek hulp

tigermad

New member
Wou nog sê dat ons nooit 'n net saam vat nie. Ons neem maar ook 'n ou kiekie en laat hulle maar gaan vir 'n volgende keer. Al te veel vis gesien wat vrek in die net of soos jy sê deur die otters bygekom word.

Lerm gaan julle nog die naweek??
 

Bottie

Member
tigermad wrote:
Osie, ja het gister op News24 gesien hulle het so bietjie storms gehad. Ja soos jy sê hoop maar net nie so iets tref ons die naweek nie.

Lerm, kan nie glo hoe verwaand die ape is nie. Dankie vir die waarskuwing, sal maar seker maak ons maak alles mooi toe. Gaan lekker die hel in wees as ek braai en een of ander aap hardloop met my vleis weg.

Laaste vraag, is daar 'n tipe van 'n hengel winkel in Bloemhof as iets gebeur en ons moet nog goed gaan koop?
Daar is verskeie hengelwinkels, tot die Spar verkoop aas, dips, ens.
 

Lerm

Member
tigermad wrote:
Wou nog sê dat ons nooit 'n net saam vat nie. Ons neem maar ook 'n ou kiekie en laat hulle maar gaan vir 'n volgende keer. Al te veel vis gesien wat vrek in die net of soos jy sê deur die otters bygekom word.

Lerm gaan julle nog die naweek??
Ja ek gaan verseker daar wees. klaar gereel vir halfdag werk more, dan kan ek al my inkopies gaan doen. Sommer klaar pak ook.

:kaykak:SSS
 

Lerm

Member
tigermad wrote:
Wou nog sê dat ons nooit 'n net saam vat nie. Ons neem maar ook 'n ou kiekie en laat hulle maar gaan vir 'n volgende keer. Al te veel vis gesien wat vrek in die net of soos jy sê deur die otters bygekom word.

Lerm gaan julle nog die naweek??
Jy moet maar die net vat vir die klein karpies om te spaar vir aas
 

Skuimkop

Sealiner
tigermad wrote:
Laaste vraag, is daar 'n tipe van 'n hengel winkel in Bloemhof as iets gebeur en ons moet nog goed gaan koop?

Daar is een baie nice winkel in die hoofstraat soos jy inkom verby die Spar. Ek dink hulle noem hom Die Skepnet of die Viskas of iets in daai lyn.
 

Skuimkop

Sealiner
O ja jy sal by die straat mense daar voor die Spar erdwurms, muswurms en platties kan koop. Stop maar daar in die parkeer area en vra maar net daar rond.
 

tigermad

New member
Dankie vir daai inligting skuimkop. Het nogal gewonder waar ek 'n paar platties en wurms in die hande kan kry. Ek sal verseker daar 'n draai gaan maak.
 

tigermad

New member
I will give a report next week. Taking the camera with so when we hook up with something decent i will take a pic or two.

I am very exited, can't wait for Friday morning to come.
 

tigermad

New member
Ek vra so baie vrae maar vergeet een van die belangrikstes. Weet enige iemand hoe diep die water by Sandveld +- is. Kom ons sê tussen 50m en 120m van die oewer af. En is daar sekere plekke daar wat ek eerder moet vermy waar 'n mens baie vas haak? Baie mense sê mens moet naby die brug sit en ander sê weer vêr van die brug?

Sal baie help as om nou eers op en af daar te ry en te soek vir 'n plek en dalk is dit die !*#$% op die ower te kry.

Dankie!
 

Skuimkop

Sealiner
Naby die boot launch is dit so 1.6 - 2 meter diep so 30 meter in. En die ou rivier bed loop amper papalel met die oewer so tesun 200 - 250 meter. Dit sal natuurlik baie diep wees daar en dis waar ons die groot babers target. Weet nie of jy 'n bootjie het nie maar ek sou plan maak as ek jy was en nie een gehad het nie. Ek sal ook vir jou uitvind tesun watse pillare die ou rivier bed loop as jy daar by die brug gaan sit.

Die rede hoekom kuikens so goed werk by die brug is omdat die voeltjies daar nes maak en van hulle kleintjies val natuurlik in die water. Die groot Karps draai ook daar want hulle eet die onverteerde saadjies wat in die voeltjies se 'poo' is. So vir my is dit logies om naby die brug te gaan sit. Maar Bloemhof op sy beste kan jy omtrent enige plek sit, lol.
 

tigermad

New member
Dankie skuimkop, ja dit help al klaar baie. Maak vir my ook sin dat die karpe en babers die voels en sade gaan eet. Sankie sal 'n draai daar maak en kyk of daar staanplek is. Wie weet dalk is die plek vol die naweek.

 
 
Top