eet karp van die bodem af, of gebruik jy 'n dobber?

stutta

New member
Ek is nuut en weet net so baie van visvang af soos St.9 Rekeningkunde. wil net weet of karpe van die bodem af eet, of gebruik jy 'n dobber om die aas "te lig"? Wil by die paarl dam gaan vang, maar wil darem voorbereid wees!

stutta
 

Vleipadda

Senior Member
Ekt al op verskeie maniere gevang van aas wat op die bodem le , seker in SA die mees populerste manier maar 'n drywende aas werk ook soos brood , honde beskuitjies
 

stutta

New member
dankie! ek gaan die mushroomsinker met "bom-holder" gebruik wat 2 hoekies aan weerskante  het. Enige raad oor hoe ek die strop moet maak?
 

Vicb

New member
Vra sommer vir die manne by Paarl Pets waar jy jou permit kry oor die stroppe ens. hulle sal jou sommer in 'n japtrap uitsort. Jy kan op een hoek 'n sagte knoffel floatie sit en op die ander 'n mielie pit of vier. Werk nog altyd vir my by Paarl Dam.
 
Top