Dwarskersbos

Lompies

New member
Hi Guys

Ek is nuut op Sealine en wil graag weet of enige iets aangaan by Dwarskersbos se kant. Beplan n trip die einde van die maand
 

wp34

Sealiner
Welkom lompies!!! Search net die woord Dwarskersbos en sien wat gebeur!!! (aan die linkerkant van die homepage is n search facility)
 

Daisy

Sealiner
Welkom Lompies,hoop ons hoor gereeld van jou.Die hele gebied rondom Dwarskersbos wys geen vangste tans nie.Waar die gate behoort te wees is nou bamboes en die strand het nod baie kreefdoppe van die laaste rooigety.Ons verwag weer goeie vangste vanaf September.Maar die ouens trek nog harders in die gebied.
 

Daisy

Sealiner
Marthin,ek en Kwando het hard gaan probeer by Soverby en nie eers n byt gehad nie,te veel bamboes.Sondag het my buurman gaan probeer en dieslfde storie.Raar maar waar,hier by Spreeuwalle het n paar gallies uitgekom en dis ook aangeteken by Parkeraad.Snaakse goeters gebeur,ek vang twee kabeljoue in die lagoon op n plek wat Clive net n gevoel voor gekry het.Koeihaai kom uit en met GEEN wit stomp in die hele lagoon,gaan trek n man laas week 4 groot bloukoppe uit...hoe verstaan jy dit?Nog erger,die Lokomotief bly nog buite my bereik...kan jy DIT glo?
 

Marthin

Sealiner
Ek en die lokomotief is ook eers op stop. Lyk my die valsbaai madness is op n einde hoor nie meer iets van steenbras nie.

Maar die somer gaan ek jou gereeld bel.

Ek het dit op n galjoen post gesit, maar een van die ouens by my werk het by die yacht club visgevang daar by daai swart goed wat innie water dryf. Hy het met witmossel gegooi as ek dit reg het. Hy weet bitter min van visvang af so ek het hom gese hy moet maar daar try vir n stompie of iets.

Hy kom die werk en se hulle het n mooi bruinerige vis gevang met n skerp punt rugvinnetjie. Ek kry toe hond se gadagte, en wys hom toe n foto van n stomp, n stinkvis, cape knifejaw en laaste n galjoen. Hy is vas oortuig dit was n galjoen. Iemand het glo toe hulle die vis vang vir hulle gevra of hulle n lisensie het, hulle het nie een gehad nie toe se die persoon hulle moet die vis teruggooi.

Anycase ek het niks foto's nie, maar dit sal aansluit by die huidige snaakse gebeure innie baan.

As jy weer uitgaan die winter, doen my n guns en try daai sandflats wat ons altyd oor ry oppad lyn toe.

Ek weet julle gooi nooit daar nie, maar met sonskyn dae sal die water hier warm word met laagwater, en die vis kan dalk hier in die warm water kom vreet....

Miskien was die kol waar jy en clive die kabeljou gekry het bietjie vlakker as die res van die plekke om dit.

Wens partykeer ek kan net sien wat daar onder die water aangaan sodat mens kan weet waarmee die visse doenig is.
 

Osprey

Member
When people talk about Dwarskersbos, where exactly are they talking about, is it the stretch between Laaiplek and Dwarskersbos or the dorpie itself or the farms after the dorpie. Please tell me I was given the runaround when IO was there a couple of weeks ago.
THANKS
 

Sailfish

Sealiner
Osprey wrote:
When people talk about Dwarskersbos, where exactly are they talking about, is it the stretch between Laaiplek and Dwarskersbos or the dorpie itself or the farms after the dorpie. Please tell me I was given the runaround when IO was there a couple of weeks ago.
THANKS
The stretch between Laaiplek and Dwarskersbos is called Soverby. Dwarskersbos is the town and serounding area from the boma before you enter till you hit the dirt road that goes to Lambertsbay.
 

Lompies

New member
Do you think if i go at the end of the month to Dwarskersbos and launch at Veldrif somethung will bite? Maybe snoek
 

Daisy

Sealiner
@Lompies,as jy launch by Veldrif gaan jy nogals ver moet ry na die riwwe.Launch liewer by St Helena en probeer Noord Blinder vir snoek/geelstert,maar jy sal eers n dag voor die tyd weet of daar vis is.Meskien gouer en veiliger is om net buite die monding van die lagoon,naby die lighuis in 35 meter water te probeer vir snoek.Jy sal egter moet voorbereiding moet doen eg GPS punte,weer,duining en waar die vis presies is.Dis beter om met die commercials te praat en hulle te volg..onthou daardie tyd van die jaar kan die mis nogals dik wees.
 

Daisy

Sealiner
Marthin,het die sandbanke probeer,maar die area is te groot en die ding wei teen die kante.Sailfish het my nou n paar tips gegee wat ek wil probeer,eerstens begin te dink soos n vis en dan waar gaan so n vis wei.Hy gaan waar daar baie kos is en Sailfish het my gewys waar daai kos is,so nou moet jy net by die plek gaan sir waar hy moet verby kom,elke keer as die water draai.Wel ek het dit nou,maar kort nou nog julle vouens se luck,sal moet kom help,maar onthou ek vang dit nie julle nie.

Loop nou die ander dag n local raak wat n mooi kontrepsie gebou het,iets soos n groot teleskoop,ligte de lot wat hy die vis onder water bekyk,werk goed ,maar hy kan net so 2 of 3 meter ver sien..baie vis se hy.Ander ou het weer n lang prawn pomp gebou en pomp sommer op hoogwater vanaf sy boot..werk baie goed.Snaakse tye ja....
 

Zane

New member
Hi Lompies,

I fished Soverby this time last year for gallies and I would recommend that you rather crack open some beers and watch the rugby.  Even though the sea conditions look favourable with light easterly winds I would not waste my time.  If you really want to fish on the West coast for panfish then you may do better to fish @ Tietiesbaai for hotties.

 
 

Angus

Sealiner
Zane wrote:
Hi Lompies,

I fished Soverby this time last year for gallies and I would recommend that you rather crack open some beers and watch the rugby.  Even though the sea conditions look favourable with light easterly winds I would not waste my time.  If you really want to fish on the West coast for panfish then you may do better to fish @ Tietiesbaai for hotties.

 
Probably because they have all been netted and sold!
 
Top