GIJOE wrote:
My Pa se altyd:"as die wind jou pla los hom net saggies".....
Alle grappies op n stokkie..het die naweek in Struisbaai spandeer en net twee skaamhaaie met so R120 se aas gevang.


Ek en paar vriende was ook af Struisbaai toe, het 'n verskedenheid van spesies gevan, Kabeljou, elf, galjoen, stompneus, wildeperd en 'n baie klein bronzie. Net die wilde perde en die elf was size, ons het 3 galjoene gevang en nie een was size nie.
Daar was egter redelik lewe in die water agter by die walle, maar die see het mens nie ordentlik kans gegee om te settle op die laagwater spots in goudgat se omgewing nie, en dit was maar swem jannie swem, voor mens nog eers 'n size vis kan uit kry.
Een van die manne het 'n kraker gehak aan 'n 2/0 hoekie met 'n stukkie vrot rooi aas, maar oom kraker het hom agter 'n rif gaan tuis maak en die hoekie afgeskud!