JJ daar is soveel dips waarvan jy kan kies deesdae soos jy genoem het en boonop is daar klomp verskillende dips wat dieselfde basis het maar wat net met 'n ander geur gekombineer is. Ek gaan dus vir jou die basiese geure gee wat ek na sou kyk. Ek las vir jou ook SC se dips lys aan dat jy dan kan sien watse dips het watse geure in en jy kan dan daar volgens gaan.
Ek sou dips kies met die volgende basisse in: Garlic, Caramel, Piesang ,Musk, Bunspice & Cinamon. Ek sou verseker ook TCP & Spirits aanskaf maar nie as hoek dips nie maar as 'n shocker op jou bom. SA poeier kan jy ook self maak en werk goed as die vis stil raak.
Hier is 'n paar goeie dips met bogenoemde geure as basis en jy kan dit vir jou aankoop:
Garlic - Op die stadium is Trucella se Yellow Activator die beste. Dit is egter Garlick en Almond en dus nie skoon Garlic nie maar dit sal nie pla nie.
Caramel - Super Cast se FX is maar old faithfull.
Piesang - Super Cast se Banjo (Geel) werk baie goed en hulle het ook 'n Jamaica Banana. Omdat ons altyd (of meeste van die tyd) met 'n kombinasie van 'n vrugte geur en iets skerps/sterks hengel op die verskillende hoeke kan jy kyk om ook vir jou ander vrugte geure aan te skaf soos Tjop-tjop (Banana & Tuti Fruity), Quatro (Mixed Fruits) en Kap-Kap (Pynappel) wat aldrie goed is.
Musk - Hier is my favourite Supa Baits se Pink Sweets maar Super Cast het ook goeie dips met name soos Musk, DDD (Triple D), Kiana (baie goed) & Vattikakki. Juana is basies dieselfde ding as Kiana met net groter konsentrate in maar is HEL duur. Super Cast se Ebony is ook 'n baie goeie dip maar is Molasas, Musk en Raspberry.
Bunspice - Bunspice is baie goed net so en dit maak ook uit van Perdeby (wat dodelik is) wat Five spices is waarvan Bunspice, cinamon, musk en Naeltjie olie deel uitmaak. Supercast se Cina 4 (baie goed) is ook Bunspice en Cinamon maar omdat jy net die basiese geure gaan of wil koop sal jy jou eie Cina 4 kan meng met jou Bunspice en Cinamon dips.
Cinamon - Al Super Cast se Cina's 1 tot 4 het Cinamon in met Cina 4 my favourite en dan Cina 1. Weer is Perdeby 'n goeie opsie. Hier kan jy ook later kyk na Super Cast se Vicks wat Cinnamon & Eucalyptes is en is 'n uitstekende dip op sy dag.
In short op gesom vir jou in my opinie: Trucella se Yellow Activator, Super Cast se Caramel FX, Banjo (geel), Perdeby & Kiana en daarna sal ek kyk na Looti, Cina 4, Vicks, Quatro en Tjop-tjop.