Die tandarts

JAN van Brakpan bel die tandarts[size=

][/size]"More Dokter, wat kos dit om n tand te trek?"
"Die totale koste sal R285 wees"
"Blinde blikkies! Hoekom so duur?"
"Ons moet eers konsulteer, dan n x-straal neem en dan kan ons eers   trek"
"Wat sal die prys wees as ons die konsultasie en die x-ray skip"
"Jong, dit bring n bietjie risiko mee maar sal die prys afbring na  R157"
"En as ons dit sonder verdowing doen?"
"Dit is nie gewone praktyk nie en gaan bitter seer wees maar sal n verdere R20 goedkoper wees"
"Wat van as een van jou trainees die tand trek?"
"Ek kan dan nie professionaliteit waarborg nie maar dit sal die koste  verminder na R75"
"Nog beter, hoekom laat ons nie een van jou studente die tand trek nie  terwyl die ander studente toekyk as deel van hulle opleiding?"
"Dit sal goed wees vir die studente maar dit kan baie traumaties raak  vir die pasient. Sou ons hierdie roete gaan sal ek jou slegs R10 vra"
"Nou praat jy my taal my tjomma!! :fbash


Kan ons dan n afspraak bevestig vir  my skoonma vir Dinsdag 9-uur?":?
 
Top