Die lau

Mouldz

Sealiner
Op 'n dag stuur die boer vir ou Phillemon uit om die kragdrade op sy plaas te gaan inspekteer. Die boer sê hy moet so met die pale langs loop en kyk of alles reg is. Die boer gee toe vir hom 'n radio en sê hy moet net roep as hy êrens 'n probleem kry. So gaat ou Phillemon die pad af op pad na die lyne. Nie lank nie, hoor die boer Phillemon roep op die radio:
Boer: "Ja Phillemon?" Phillemon: " Groot k*k ek sê jou!" Boer: "Wat's fout?" Phillemon: "Die storie hy's so: ek lop nog so toe kom daar die groot lau uit die bos en hy jag my. Ek klim toe by die eerste paal op, en nou hy sit en wag vir my daar onder! " Boer: "Lau, Phillemon? Wat vir 'n ding is 'n 'lau'?" Phillemon: "Die Lau , Die Lau!" Boer: "Ja, maar wat is die 'Lau'???" Phillemon: "Die Lau, die lau met die hare en die tande!" Boer krap bietjie kop, nie heeltemal seker waaroor ou Phillemon so aan die gang is nie. Kan tog nie 'n leeu op sy plaas wees nie. Boer: "Phillemon, luister nou vir my, kyk af en dan verduidelik jy vir my hoe lyk dié lau." Phillemon, na so 'n rukkie: "Hy lyk foggonn hongor
 
Top