Die Hoek.

Slukderm

New member
Beplan on volgende naweekna Die Hoek toe te gaan. Ek was noggi daar nie. Wil graag weet watter kamp plek is die beste en watter aas.Sal graag Vrydag oggend vroeg ry en sondag terug kom. Sal vir 2 aande slaap. Is voer die moeite werd. Wat voer ek as dit werk daar? Beenmeel, gemaalde hoenders????
Dankie vir hulp sommer vooraf.
 

Enigma

Moderator
Enige plek onder die bome is goed.

Moet nie voer, behalwe as jy verpes wil word deur klein babers

Hengel verby half pad oor die rivier

Aand hengel bly maar beste.
 

Enigma

Moderator
Gooi van 90-130m nodig

Ski sal baie help met groot aas.

Beste aas is vis Kopp, helfte van visse en heel visse. Dood is beter as lewend. volgende van voorkeur Graskarp, muddies, geolie, karp
 

Slukderm

New member
Baie danke Enigma. Sal opskerp. Dubbel hoek trace op heel vis en halwes of enkel deur die lip. Het n paar klein 1-3kg karpies in die sement dam. Sal hulle dan moet uitdun. Thanx.
 

Enigma

Moderator
Dubbel hoek soos see hengel slide trace. Een deur lippe en een deur bors

Flap die karp maw sny die rugstrin en finne uit en dan is dit basies kop met 2 x fillette nog aan

1-2kg karp so gedoen is die resep vir 20kg+ visse
 

Alex123

Member
Hi Enigma,

Dankie vir die lyn (braid), asook al jou raad.

*Dink jy dit sou beter weet om die skubbe van die vis vooraf af te skraap sodat die baber die aas vinniger sluk?

Dalk kan ek volgende week 'n paar fotos van dik babers op die forum plaas, na on Die Hoek uistappie....

Groete.

@ Slukderm, wanneer gaan julle? Ons gaan hierdie naweek daar wees van Donderdag aand tot Sondag.

::tight:
 

Alex123

Member
Ons gaan in een van daardie nuwe "park homes" stand no.20 bly. Maar ek dink ons gaan in elkegeval buite slaap in die aand sodat ons die groot babers kan target.

Hopelik sien ons jou daar.
 
Top