Jy kan die groot snorre glo opspoor aan die oorkanste oewer maar Die Hoek is baie 'spotty'. Betekende dat jy spots gaan kry waar jy die hele naweek by strukture afgebreek gaan word en anders spots weer sal kry waar jy heel naweek lekker gaan vang. Dis ongelukkig maar die beast van 'n rivier. As jy nie baie ligte en geraas by jou spot in die aande het nie sal ek hulle hier vlak voor (10- 40 meter) jou target. Gras Karpe is 'n moet by Die Hoek en by Bloemhof. En gebruik maar heavy gear want daar swem wertlike groot monsters rond. Ek sal GROOT ase gebruik om die kleintjies uit te skakel en die grootes kans te gee om by jou bait uit te kom. Probeer vir jou 'n sent trail bewerkstellig wat verby strukture vloei om sodoende die menere uit hul skuilings te lok. Ek sal NIE 'n voerkol probeer maak nie. En eksprimenteer maar met verskillende ase soos platties, dag en dop kuikens en natuurlik vis koppe.
Gaan geniet dit daar want dit is 'n lieflike venue met mooi en agresiewe snorre en laat weet asb hoe dit gegaan het.