Daytona, Ceres

Op 2011-09-19 sak ek toe af Ceres se kant toe vir die Wes Kaap polisie se maandelikse kompetisie. Ek het via Oudtshoorn gery op die stil padjie, maar verseker die mooier pad af Kaap se kant toe. Ben en Ryan het toe op Worcester gestop om by Oom Ben se winkel in te spring en bietjie tips te kry. Uiteindelik op Ceres aangekom (Ceresly mooi wereld) en die res van die bende ontmoet by Dennebos. Plek is so bietjie verwaarloos en bietjie duur volgens my. Akgepak en proviand gaan aanskaf.

Volgende dag was ons AGM gewees en Michael Luff het gereel dat ons kan gaan oefen by die venue wat minder as 10km buite die dorp is op die R46 pad. Die boer teel met renperde en vorige hengelaars het blykbaar die plek bemors en hope drank bottels agter gelaat, wat die boer genoop het om nie meer hengelaars daar toe te laat nie. Michael is blykbaar goed bevriend met die boer en het hierdie juweel van ‘n plek gereel gekry vir ons. Anyhow, terug by die fishing. Hierdie karpe is nog wild en lewendig. Die eerste een het ek gedink het ek onder beheer, toe die skielik wegspring en my hooflyn by die leader knoop snap......ek het vir ‘n paar sekondes met vergrote pupille na die water gekyk waar die leader verdwyn het. Die oefen sessie het ek op 40m en 80m gekonsentreer. Die 40m het ‘n baie hoe tempo gehad met karpies van 800g tot so 1kg. Die 80m was bietjie stadiger, maar die vis was groter gewees. Ek het gereeld kombinasies verander, maar almal was dit eens dat vrugte geure die deurslag gegee het. Als behalwe strawberry tipe dips. My beste kombinasie was verseker Tjop-tjop en perdeby gewees, met Hasbeen en Dynamite ‘n tweede wenner. Die volledige tips het ek aan Jaco Goodwin (aka HIPPO) te danke.

Die kompetisie dag het aan gebreek en penne is gesteek van pen 1 tot 12. Ons was net 24 hengelaars en ons moet twee-twee op ‘n pen sit. Daar trek ons toe pen 6, reg in die middel. Jaco het juis gese dat as jy ‘n pen in die middel trek, moet jy sowat 10m verder hengel as die res van die hengelaars. Hy het ook genoem dat die punt penne maklik 4 keer meer vis sal vang as die res van die hengelaars. Maar daai gameplan van die vorige dag steek in my kop vas en ek begin te hengel op daai afstande. Ek is vroeg uit die blokke en dinge lyk nie te vaal nie. Maar toe sak daar ‘n stilte oor daai middelste deel, wat mens net hoor as jy pale toe skop op Landsdowne Road. Behalwe vir die twee Britte, Greg Parker en Allan Hansen wat aanhoudend kan praat. En die stilte het toe amper 3 dae lank geduur. Net die punt penne was bietjie besiger. Hier teen 13:30 gaan lees ek weer die tips van Jaco deur en lees toe die “10m verder” stukkie raak. Haal toe die 12vt stokke uit en sit die 100m spoel op en ‘n spoel wat nie ingehak is nie. Gooi dit toe daar. En daar skaars 10 min later trek daai polisieman weg. Vang toe ‘n stuk of 4 vis in daai laaste deel om die dag op 9 vis te eindig. Net een beter as my penmaat Divvie (nee, hy rig nie die Springbokke af nie). Pen 2 se manne het 22 en 20 vis elk gevang en pen 12 het ook 22 vis gevang. Hulle het ook die eerste 3 plekke ingeneem. Darem toe nie 4 keer meer vis nie, maar nog steeds. Waar ek geeindig het vir die dag weet ek nie, want ek het toe in die pad geval net na my sak geweeg was om Mosselbaai te haal voor 20:00.

Dis ‘n baie lekker venue met ‘n helder water spruit wat die dam voed wat sterk gevloei het die tyd wat ons daar was. Die water is ietwat troebel, maar nog helder genoeg om die bodem uit te maak in die vlak water. Die vis is genuine baie woelig. Volgende maand gaan ons Brandvlei toe en sal ek die sage voort sit.

 :wfish

 
 
@NARUTO:
nei ek probeer maar. Niks is van selfsprekend nie en die manne kan fish hier.

@WYKIE:
dagse my maat. Ja ek is maar skaars gewees. Het Junie af getrek Mosselbaai toe. Het darem so paar keer in 'n paar van die damme hier gehengel. Oewers is net baie klein en die damme verskil maar van mekaar. Maar dis lekker om bietjie uit jou comfort zone te wees en nuwe dinge te leer. Raak nie so afgestomp nie en jy moet die heeltyd dink en aanpassings maak daar langs die dam.
 
Top