Dam in Springs

wmpruis

New member
EK het al naby hierdie klein dam verby gery en gesien een of twee karre daar staan en die mense daar visvang. Weet julle enigeiets van hierdie dam?

Is daar enige iemand hier wat al iets hier gevang het?

Hier is die GPS koordinate -26.236131,28.396246

 
 

JVW

Senior Member
Hallo daar,

                  Is dit die dam op die regter kant oppad hospitaal toe?Ek het jare gelede gaan gooi vir Bass maar niks gekry nie.n' Vriend het al Bass daar sien uitkom.Ek glo daar sal babers wees.

Groete

Jannie.
 

wmpruis

New member
Ja die einste dam.

Ek dink daai plek sal nogal lekker wees vir 'n dag sessie (as daar ander mense ook daar is). Oorslaap lyk te gevaarlik.

 

 
 

PI

Senior Member
Ek het al my luck daar getry maar kon niks haak nie. Ek gaan eerder Aston Lake of Blaauwpan toe as ek vir n dag wil wegbreuk. Brakpan dam is ook n opsie, maar die mense kyk nie regtig na die dam nie. Ek weet van drie spots wat gereeld visse lewer.

PI
 

wmpruis

New member
Ek hou ook nogal van Aston Lake, wil weer bietjie soontoe gaan. Al ding is dat ek al elke keer geblank het as ek soontoe gaan, nog nooit daar gekamp nie dit lyk nogals veilig.

My vrou hou van bass vang en Aston Lake lyk nie of hy bass sal he nie. Al plek wat ek van weet wat lekker karp en bass het is Bronkies.

Ek het gehoor Brakpan dam het 'n rou riool pyp wat daarin pomp. Is dit ooit waar? Die  kere wat ek daar verby gery het, het dit bietjie vuil ook gelyk.
 

PI

Senior Member
Ek is nie seker oor die riool pyp nie, maar ek betwyfel dit sterk. Ek bly letterlik reg oorkant die dam en het nog niks gewaar nie.
Die R50 dam in Alberton het ook n dammetjie vir Bass, ek is net nie seker as dit die boonste of onderste een is nie.

PI
 

PI

Senior Member
Aston Lake is ook nogal moelik vir my. Die beste dips wat daar werk (my opinie) is:

1. Banjo/Stats

2. BMT/TCP

3. Hot Honey/FX

4. Tjop Tjop/Quatro

5. Bunspice 32/Perdeby

6. Ebony/Vaaldam.

 Aas: Plain geel float en swd op albei hoeke

Stroppe: Ligte gerei, 12cm hooklinks, 0.8 hooks.

Spot: 600mtr links van die hek of so naby as moontlik aan die wal. Die meeste vis wat ek daar op n dag kon trek is net 7.

Hoop dit help.

PI
 

PI

Senior Member
Hi,

Dit is dip kombinasies wat ek op die bol sit.
BMT: Ek dink dit is amper n bloekom of iets. Ek is nie te hot om hierdie goed te guess nie.

Ek dink die vis sal byt as jy jou ase in die regte plekke kry. Ek moet ook se dat ek al voorheen 6 keer in n ry daar geblank het totdat ek agter gekom het hoe die visse hulle kos like.

Jy moet gaan try, dis die beste manier om te leer. Ek blank eerder as wat ek in die kantoor sit... LOL

PI
 
Top