Dagsê. Ek wil graag by julle hoor wat sal julle

Skuimkop

Sealiner
Dagsê.

Ek wil graag by julle hoor wat sal julle sê is die beste aas om te gebruik vir die GROOT Geles. Krap of Platanna's? Onthou ek gaan na die laer Oranje rivier die einde van die week en daar swem monsters rond. Hoe sou julle dit dan ook aanbied? Met 'n dobber of op die bodem met 'n float of net op die bodem. Ons gaan vang tesun twee rapids wat oor rotse spoel en waar die rivier so 110 meter breed is.

Enige ander tips en truuks en baits sal ook baie waardeer word om die gesogde spesie uit te oorlê.

Ps: Sorry ek weet ek dubbel post nou maar omdat ek onbekend is met Geelvis en bietjie in die donker is oor hulle soek ek soveel mootlik help. Glo julle sal darem verstaan . lol
 

Wessel109

New member
Moenie jou sprinkane en tuin slakke vergeet nie. Vang die slakke so paar dae voor die tyd en hou hul in n bak met vars knoffel plant blare as jy kan kry. My pb 6.5kg geele is gevang op tuin slak soos bo genoem.
 

Skuimkop

Sealiner
Wessel baie dankie vir die advies maar waar sal ek daai vars knoffel plant blare in die hande kan kry? Groente en vrugte winkel, kweekery?
 

Exavier

Senior Member
Skuimkop. Ek verkies maar my krappies. Nie te groot nie, breek dan die knypers af en die pote los ek net so een lid van elk op. Genoeg vir beweging maar te min om onder n klip te gaan staan en inkruip. As jy praat van rapids neem ek aan die water is nie te diep nie. Probeer maar eers die bodem stroppe. Ek gebruik n redelike diameter lun op my krappie (jy weet nooit wanneer ou snorre hom gaan vat nie en die stroom draai jou lyn nie so erg op nie. Ek sit dan n tweede hoekie ook by met so paar skoon miellie pitte op. Die geeles hou van mielies. Moenie n swaar sinker gebruik nie en die ideaal sal wees om n staanplek in die water te kry en dan jou lyn van jou af in die stroom te laat afgaan jou briek effens op te draai en vas te hou. Ai.. geelvis hengel is maar net n ding op sy eie. So 2 weke terug was ons by Koegas en het n klomp klein bekke gevang, maar omdat hulle besig was om te spawn het ons meer sukses gehad met die vlieg stokke. Vat so paar van daai lellike groot swart krieke ook saam as jy kan. Geniet dit en wees veilig. Volgens my is die oranje ons gevaarlikste rivier in SA, en as die vis begin loop verloor n ou gou konsentrasie.
Sien uit na jou report.
 

Wessel109

New member
Kwekery behoort te he het nog nooit gekoop nie hul groei by my oupa waar ek op die wilger vang die geeles los hul nie uit nie.
 

Kosie

New member
Skuimkop ek is self nie naby aan n gesoute geelvis hengelaar nie nie maar ek was gelukkig genoeg om met n ou te kon praat wat heelwat geel vis vang. Hy reken krappe is die beste maar hy se die groot geheim is om die krap se vleis uit die dop te haal en so te gebruik, presies hoe dit gedoen word en hoe om dit aan die hoek te sit sal jy seker maar self moet leer ek het dit nog nie gedoen nie, ek is seker n ou sal reg kom met biekie inisiatief. Hy se dis n goeie idee omdie aas dan naby aan die bodem te hou en stadig met die stroom te laat af dryf. Die ander geheim is seker maar dan om net die regte spot te kry! Ek weet die inligting is biekie vaag en min maar hoop dit help, ek wil graag ook meer leer so laat weet asb hioe dit gegaan het. Sterkte.
 

Skuimkop

Sealiner
Kosie daai help baie dankie. As ek uitgefigger het hoe sal ek kom report hier. Ek beweeg darem nou al in 'n rigting.
 

Brakkanjan

Senior Member
Skuimpie, ek het nog nooit groot geelvis gevang nie maar het 'n mooi geelvis geroer met 'n no 2 Daichi vol rysmiere.

Ek het al gehoor 'n groot geelvis sal 'n karpkop ook eet.
 

Exavier

Senior Member
Skuimkop, ek dink julle manne moet 'n trippie af maak die kant toe. Mater van my laas Donderdag 'n 34.2 baber uit gehaal uit die oranje uit.
 
Top