[color=#00aa55]It is time again to plan for the ne

Marthin

Sealiner
Ek het nog nie die sealine baadjie nie. Ons het nog net die voorbeeld wat Simen in die foto het. Nog 2 weke dan dink ek sal dit beskikbaar wees.
 

kaspaas

Sealiner
Manne en Meisies, julle moet vannaand maar aan my dink as julle meeting hou. Teen daardie tyd het ek waarskynlik al 'n "Mangi-maag"! ha ha (Jammer Mangi, kon daai een nie weerstaan nie) Moet heel dag nog sulke anner goeters drink om die ou binnegoed "leeg te maak", sodat die kwakke more allerhande pype van bo en onner kan in en-opsteek om my van binne te beloer en te bespied om te kyk waar is die gate, ens, ens. Mag ook al sedert gister niks anners "eet" as Bovril sop en Energade drink nie....sug! Miskien moet julle vannaand maar daar eenkant 'n ou glasie osbloed namens my maak staan...... ek mag al hele week nie aan die goed vat nie... sug! :X:cens Hoop nietemin ek sal Saterdag op my pos wees! ::S:fishn After all, wie wil nou op Nuweland wees wanneer die Bulle se B span plus Vodacom Cup Reserwes die Storm-briesies pak slae gee???? ha ha:fbash
 

Marthin

Sealiner
***Duimpie***
Jy moenie jou hand so hard teen jou voorkop slaan nie, jy maak nounou jou duim weer seer....

Nico ek bring die HEMP....
 

Mobi Dick

Sealiner
Soos wat julle lot darem kan tekeregaan en stront praat gaan Sealine se servers binnekort crash van al die gemors wat hulle moet dra. En moenie vergeet van al die "gequotery" waaroor die katwagter altyd so omgekrap was nie. Moet darem net laastens se dat bly nog altyd lekker om die klomp ??? te lees en so in die stilte te sit en lag.

Marthin - dankie dat jy die HEMP gaan bring. nou moet ek nog net my base oorreed dat dit 'n hemp is dan kan ek dit miskien werk toe begin dra ::S::S::S::S::S

Sien julle netnou
 

Marthin

Sealiner
galjoen is so kort hulle kan hom seker net halfprys vra... hulle gaan immers net die helfte van die materiaal gebruik...
 

kaspaas

Sealiner
OK, OK, Ok.... so wat het julle gisteraand by die vergadering besluit? Kry ons of ry ons? Hengel ons of gaan ons rugby kyk... of albei? Bly die hengelarea dieselfde of is my blerrie score cards, ens vir Saterdag se kompetisie verkeerd gedruk?:fbash
 

Marthin

Sealiner
Ou mense moenie so vroeg opstaan nie. Moby Dick het short hand notule geneem so ek dink dit gaan kort en kragtig wees.

Hengelarea het verander, Kaap punt is bietjie duur vir net 4-5 ure se hengel.

Ons het Kaap Punt en die Blouberg komp omgeruil.

Nuwe Hengel Area is van Milnerton Lighuis tot by Koeberg Fence.
 

kaspaas

Sealiner
Marthin wrote:
Ou mense moenie so vroeg opstaan nie. Moby Dick het short hand notule geneem so ek dink dit gaan kort en kragtig wees.

Hengelarea het verander, Kaap punt is bietjie duur vir net 4-5 ure se hengel.

Ons het Kaap Punt en die Blouberg komp omgeruil.

Nuwe Hengel Area is van Milnerton Lighuis tot by Koeberg Fence.

Luister "jonge man", as daai laaitie van jou nie so 'n mooi trui aangehad het nie het ek jou 'n paar keurige dinge toegevoeg vir daai verwysing na "ou mense":fbash

Anyway, die skuif van area maak dinge natuurlik heelwat makliker vir die rugby kykery en moontlike after-party. Is daar so-iets gereel? Hoeveel manne het aangedui dat hulle gaan deelneem?

As jy nie binne die volgende 10 minute die stukkie lees en antwoord nie, sal ek eers laaaater vannaand dit kan lees. Gaan nou-nou in en dan is ek nie weer voor baie later in enige toestand om internet te surf nie.. he he
 
Top