Charging with a solar panel

Skuimkop

Sealiner
90W / 17.5V = ~ 5A as die son skyn. Dis nie te versmaai nie, twee van hulle is 10A, mens kan iets doen daarmee -
Danfoss yskas trek 2.8A
Batterye laai die res tot so 7A
Fanie dis presies wat ek gedink. Twee van daai panele op jou bakkie se canopy of waentjie en jy is a-away. Ek het een van daai klein genies maar is nie baie lief om hom te gebruik nie en as jy jou krag verbruik beter kan manage met behulp van die panele gaan jy hom soveel minder hoef te gebruik. Oor lang naweke dalk even glad nie en dit vir slegs R3600. What a bargain.
 

Fanie

Sealiner
'n Genie is eintlik 'n moerse slim ou ne', so as jy baie genies het hang dit af van hulle ouderdom. As hulle jonk is dan het jy iets soos die universiteit - vol studente wat alles weet. As hulle oud is dan moet dit iets soos 'n staatsdepatement wees want hulle weet alles en maak wette willens en wetens ongeag die konsekwensies :-D

Die geraas, en die petrol aan jou (visvang) hande is nou nie juis 'n goeie kombinasie nie. Veral as jy netnou nog wil vleis braai ook.

Re die spelvoute. Jy kan mos nou nie verwag ek moet die ou heks hier laat proeflees as ek so van haar skinder nie. Sy sal my mos voeter, en ek is mos nou nie so' onnosel nie.

R3600 is steeds 'n klomp geld. Weet jy hoeveel moeilikheid kan jy vir jouself daarmee koop. Daar was juis nou-die-dag hierdie pop met die stywe kleertjies in die winkel... nee los liewer. Kom ons praat liewer oor die politiek of godsdiens, Oom Simen se geel kaarte kos ten minste niks :-D
 

Fanie

Sealiner
Met 10A gaan jy nie die generatortjie gebruik nie, miskien net om die vrou se haardroer (op lae stelling) en mikrogolf oond te laat werk.
 

Skuimkop

Sealiner
Die ding is jy gaan nie altyd 10 A uit kry nie maar gee my nou 'n wind terbune hier in die Kaap dan wys ek jou hoe druk ek Eskom nog 'n pit as ek by die huis is ook. hahaha
 

Fanie

Sealiner
Daar was nou net 'n ding op Ehhh TV oor 'Gratis' energie. Ek wens hulle wil ophou om mense te laat dink dit is gratis. Dit is nie, daar is wel instandhouding en batterye wat met intervalle vervang moet word, en batterye is huidiglik woes duur.

Die prys van bv 'n 105Ah het onlangs vanaf R800 opgeskiet na R1400 tot R1600. 'n Haelstorm en diefstal van panele is nog iets om aan te dink. Veral diefstal van panele is groot.

As daar nog 'n regstelsel en polisie was wat die verbruiker (probeer) beskerm het was dit dalk ook nog ok, maar net bly betaal ? Wees versigtig.

Dit kos KLOMP geld om oor te skakel na 12V in jou huis, en as dit so eenvoudig was het almal dit al lankal gedoen, mense is al jare lank gatvol vir eskom en as dit so maklik was het ons laaaaaankal die kabel by die DB bord gaan afmaak.

Vir kampeer en karavane en motor homes is die toepassing en behoefte heeltemal anders, dit werk daarvoor.
 

gerritp

Senior Member
Fanie, die wind laaier wat jy gebou het, wat was die koste, krag lewering? Bou jy jou eie dumpers om oortollig krag te dump, koste? Swivels?

Ons gebruik baie solar panels,80-85w, op berge waar daar nie krag is nie, werk redelik goed. Aantal panele wissel tussen 1, 2 en 4 per site. By die enkel panele gebruik ons 105ah battery en by die 2+ 260ah batterye.

Drie dae se bewolkte weer en die voltage staan tussen 11.7 en 11.5v, vierde dag moet ons baterye ruil. Wind het ons baie hier, bekostigbare windlaaiers nog nie.

Ps. Ons het drie "gebreukte" panele, glas is geshatter, kry dan nog so 80% krag lewering.
 

Fanie

Sealiner
Sorrie PH. Vra my eerder volgende keer :-D

Skuimkop kyk na jou PM's. Kan nie vir jou beter doen nie.

Gerrit, die wind laaier wat ek ontwerp het sal redelik baie energie kan genereer. Die 'drom' is 1.2m in diameter en 2m hoog. Demping is nie nodig vir die' tipe vein nie omdat die turbulensie die draaispoed begin belemmer teen hoe spoed. Ek het in elk geval reeds 'n stelsel uitgewerk wat die spoele elektronies in parallel skakel as die spanning hoog genoeg rys om die stroom te verdubbel.

Propeller wind generators is onwettig in stedelike gebied omdat hulle gevaarlik is en raas. Die wind dingetjie wat ek ontwerp het sal jy nie eers hoor nie. Kostes is redelik duur, magnete en koper, en onthou veral by die see moet jy roesvrye goed gebruik. Alles dra ongelukkig by tot die koste.

Soortgelyk as in die portret.
 

Attachments

  • Wind Charger Vein.jpg
    Wind Charger Vein.jpg
    36.8 KB · Views: 20
Top