Charging with a solar panel

circa 64

New member
Hi Guys

Went to visit family over Dec and went fishing at Baynesfield. It's a great little dam and the fishing isn't to bad , but there's no electricity out there and that means no battery chargers.

By the end of day 2 the deep cycle was dead and the car battery that we were running the fish finder on had to be used to get us back to camp and so no fish finder.

So I got to wondering, would it be possible to run the fish finder from a small 12v solar panel, alternatively, would it be possible to recharge the deep cycle battery from a solar panel while on the water.

I am a bit challenged when it comes to things that I cannot see (electricity) and it might not be possible, was just wondering

 

Thanks
 

PH

Senior Member
It's absolutely possible. In fact that is the main use for solar panels these days.

I no expert myself, but a charger will set you back about R 700.00 depending on the size of the panel and the battery. I am referring to a 45 Watt solar panel

Fanie would probably respond to this post, but if he does not PM him. He is an expert in these matters.
 

Fanie

Sealiner
Hallo PH,

'n Ex-perd is 'n donkie-rigge ding wat doodgegaan het :-D

Lees bietjie hier -
http://www.fanie.cambs.net/Solar/Solar.html

Dit is egter van toepassing op permanent geinstalleerde solars en batterye.

Vergeet maar klein solar paneeltjies, hulle beteken byna niks. Solar panele wat bietjie krag kan lewer is relatief groot, ongemaklik en die risiko van breek is altyd daar.

Alternatiewelik as jy die paneel(e) op die voertuig se dak kan monteer amper soos 'n roofrack sal dit goed werk. 'n Stel ekstra batterye wat jy dan net elke aand omruil.

'n Alternatiewe oplossing vir jou situasie is die klein petrol generatortjie in 'n boks om geraas uit te skakel en 'n step down torroidal transfomator wat die 230V na 12V tot 13V verminder en dan aan bietjie elektronika koppel om die battery te laai. So 'n 800W generatortjie @ 230V beteken 800W @ 12V en sal 'n maksimum van so 60A kan lewer.

So vir die 6 ure wat die generatortjie saans loop op ongeveer 2.5L petrol het jy genoeg stroom om al die batterye te laai en om jou kamp plek se krag van te laat werk.

Beide is relatief duur, en onthou al kan die generatortjie meer krag lewer, baie plekker verbied die gebruik van generators, maar niemand kan se jy mag nie panele gebruik nie. Die panele werk ook jaar in en jaar uit - instandhoudingsvry. Die batterye gaan jy in elk geval moet he. As jy die solar pad wil gaan, ek maak 'n baie goeie solar laaier vir battery.
 

PH

Senior Member
Baie interessante artikel, Fanie (Die gedeeltes wat ek verstaan het :)  )

(Dit is eintlik "circa 64" wat navraag gedoen het)

Ek stel belang in die laaier wat jy maak. Ek het 'n laaier by A1 Radio in Dbn gekoop en dit het omtrent 'n week gehou. Dit het baie "tuisgemaak" gelyk.

Ek het 95Ahr deep cycle battery (en twee kleiner kar batterye) en 'n 45 Watt paneel, omtrent 700X700mm.

Ek gebruik die battery meestal vir die 18lbs thrust motortjie vir die kayak. Soms vir neon ligte as ons kamp.

As daar krag is in die kamp gebruik ek 'n Ctek XS 800 laaiertjie.

Die plan is om Maart by Mpalane te gaan kamp waar daar nie krag is nie. (ongelukkig vir die solar paneel, baie skaduwee :-(

Wat is die prys van jou laaier, asb.?

 
 

Fanie

Sealiner
R600, dit sluit 'n digitale LED meter in, wys Volt en Amp.

Oppas vir Mapelana, dis 'n lekker plek om te gaan vakansie hou maar hulle steel net so lekker daar. Laaste twee keer daar deurgeloop, onder andere my wind generator gesteel. Van die ouens is in die woud met AK's beroof.

Ons bly in 'n lekker plek ne'.
 

HennieB

Sealiner
Ek het nou nie alles gelees nie maar jy sal 'n regulator ook nodig kry as jy 'n solar panel gebruik anders kan dit die battery opneuk.
 

Fanie

Sealiner
Haai Hennie, dalk moes jy maar alles lees :-D Dit is die reguleerder waarvan ons praat. Korrek, as jy nie 'n reguleerder gebruik nie sal die solar paneel (wat kan) die battery kook. Die solar een wat ons maak kan selekteer tussen LA en SLA batterye.

Hier is iets oor die verskil tussen die twee tipes batterye.
http://www.faze.co.za/Battery%20Maintenance/Battery%20Maintenance.htm
 

circa 64

New member
Thanks a lot for the information gents

Sorry it took so long to reply but ran out of bandwidth at home, (sick gf and facebook) and cannot seem to post a reply from work.

So if I understand correctly, impractical to mount a panel onto the boat due to size needed for power output, best alternative is spare batteries and a panel mounted in a safe place on dry land.

Fanie, as ek reg lees, die R600 wat jy vir PH ge-quote het, is net vir die reguleerder en sluit nie die paneel self in. So ek sal in elk geval n paneel moet koop.

As ek n 45W paneek koop, en ek kry n reguleerder soos die een waarvan julle praat, dan sal ek kan n spaar battery deur die dag laai en saans uitruil.
 

Fanie

Sealiner
Hi Circa,

Ongelukkig is dit net die regulator se prys. Die paneel is ongelukkig nie ingesluit nie. My advies is kry 'n 75W of groter paneel om behoorlik bruikbaar te wees. Die klein paneeltjies gaan jou bietjie teleurstel.

Dit is maklik om uit te werk wat jy in terme van energie gebruik en hoeveel moet jy weer terugsit.

As jy vir 3 ure lank 5Amp van die battery trek beteken dit jy het 15Ah se energie gebruik (tyd x stroom = Amp-uur)

Om dit weer terug te sit in die battery moet jy 15Ah terug laai, PLUS surplus as gevolg van verliese en lae effektiviteit van die stelsel. Onthou ook dat batterye langer wil laai teen laer stroom om behoorlik vol gelaai te word. 'n 75W paneel gaan maar sowat 4 - 4.5A laai vir die durasie wat die son op hom skyn, goeie dag, se so 7 ure dan kyk jy na 7 x 4 = ~28 Ah wat jy gaan teruglaai.
 

Skuimkop

Sealiner
Circa ek sal more of moet ek nou se nou-nou hahaha 'n plek daar in Jbh se nommer & site info gee wat solar panele en al die nodige goodies uitverhuur teen billike pryse volgens my en so kan jy eerste hands sien of dit vir jou gaan werk voor jy groot geld uitle.

Fanie as ek mag vra hoeveel het jy vir daai wind terbune wat gesteel was voor betaal en waar het jy dit gekry en hoe efeltief het hy krag voorsien? En dan nog so laaste vraagie weet jy dalk wat is die nuuste nuus oor Prof Vivian Alberts se flexi solar panels? Laaste wat ek gehoor het sou hulle in die Paarl 'n fabriek oop gemaak het maar owee hier is nog niks nie.
 

Fanie

Sealiner
Die wind laaier het ek self aanmekaar geflans, ek weet nie wat die kostes sou wees nie. Vergelyk maar met enige ander klein wind laaier. As daar wind is laai 'n wind laaier 'n parra uit 'n pyp uit, natuurlik dag en nag. Die energie neem logaritnies toe met wind spoed. As daar nie wind is nie, nou ja dan roei mens mos maar :-D Ons kon seker so tussen 10A en 20A uit die windlaaier trek.

Die ouens teen die kus af kon al lankal wind generators daar op gehad het. Die winspoed teen die kuslyn af is iets soos 18km/hr gemiddeld - heeltemal bruikbaar. Hier in Gautengelengelengelengeleng is dit maar sowat 5km/hr as ek reg onthou. Seker omdat die misdaad so streng is hier ;-(

Ek sou se hulle is redelik effektief tot en met wanneer hulle gesteel word. Daai lemme is nogal gevaarlik, onthou die 'vliegtuig tipe' lemme draai vinniger as die wind, kan jou lekker op tjop vir chum. Vertikale lemme is beter, minder gevaarlik, raas nie en werk in turbulente wind ook.

Wind generators is duur om te bou - alles in SA kos mos deesdae vier keer die prys. Die magnete en koper is duur. Gee geld dan bou ons 'n paar, die ontwikkeling is klaar gedoen. Plekke soos Mapelana wat nie krag het nie sal baie baat vind daarby, al kan die ouens net hulle (ongesteelde) batterye daarvan laai en omgewingsvriendelike basiese beligting insit.

Die prof se panele is nie buigbare panele nie, dis net 'n goedkoper vervaardigbare paneel wat veronderstel is om tussen R8 en R10 per watt te kos waar ons huidiglik R20 tot R35 per watt betaal. Die 'uitvindsel' word terloops al jare lank in die states gemaak, google die tegnologie daar is 'n website.

Wat ek laaste gehoor het was die ontwikkelings toerusting klaar, blykbaar is die rede dat die investeerders (eskoms en telkoms, verbaas dit jou) nie kan ooreenkom oor hoeveel die panele gaan kos nie. Sal my nie verbaas as dit duurder gaan wees as die ingevoerdes nie en dan verban hulle ingevoerde panele. Dalk weet hulle nie hoe om dit af te dwing nie, ons het mos nog (bietjie) krag.

Solar panele is baie oneffektief (15% of daar rond) Daar is ongeveer 1000W energie in 'n vierkante meter sonlig, 'n 0.6m^2 paneel gee maar sowat 90W. Bietjie pieperig ne'. Die selle laat mens ook nie toe om sonlig te konsentreer om meer krag te kry nie, hulle bereik waarskynlik reeds versadiging in direkte sonlig.

As dit nie kan geld maak nie sal dit nie die lig sien nie. Daar is reeds goed gebou (ja in SA ook) wat gratis krag kan maak en die ouens word afgesit of uitgesit voordat dit vervaardig kan word.
 

PH

Senior Member
Fanie,

Baie interessant

Sou 'n mens 'n windlaaier so kon bou dat dit ook op 'n sleepwaentjie (kar se dak?) monteer kon word? Kleiner propellor?

Op vakansie kan jy 'n battery laai by die kamp en 'n ander battery terwyl jy rondry.

Miskien is dit goedkoper om net nog 'n laaier te koop?
 

Fanie

Sealiner
Die waentjie is 'n goeie idee want jy kan 'n klomp ekstra wind laaiers saamry vir ingeval die een gesteel word. Gewoonlik wil mens die wind prop bietjie ho er he as grondvlak, daar is meer wind, veral so 30 - 50m op is aansienlik meer en konstante wind.

Ek het al gedink mens moet 'n vlier maak wat hoog kan vlieg met so 'n laaiertjie in. Mens kan dan sommer jou aas uit vlieg terwyl jou batterye laai :-D
 

Fanie

Sealiner
Onthou die windlaaier se lemme moet area oppervlak he wat vakuum kan maak. Die oomblik wat jy stroom uit die laaier begin trek is daar weestand teen die draaimoment, en nogal baie ook. Jy het dus krag nodig om die amps te laat uitkom.

Wat ek se is die wind laaiertjie is nie hierdie klein 500mm x 500mm dingetjie nie, dis 'n groterige item. Se maar 'n meter diameter en 'n meter of meer in hoogte... en dan is daar nog die gewig ook.
 

Fanie

Sealiner
Mantech Electronics 011 493 9307 verkoop tans 'n 90W solar paneel vir R1800, dis ongeveer R20 per watt en is relatief goedkoop vir solar panele. 550mm x 1200mm. Mens toets 'n solar paneel deur die uitset te meet met 'n ampere meter. In vol sonlig moet die stroom naby aan die vervaarder se voorgeskrewe maksimum stroom wees.
 

Skuimkop

Sealiner
Mantech Electronics 011 493 9307 verkoop tans 'n 90W solar paneel vir R1800,
Fanie ek weet jy maak nie sommer foute nie maar kan dit wees? Dit is VREK CHEAP so my volgende vraag aan jou is dink jy daai paneel kan daai krag lewer in die perfekte omstandinghede of is dit 'n sales foefie?

En vir daai grote van die paneel en prys kan 'n ou twee koop en hulle saam koppel of hoe?
 

Fanie

Sealiner
Ek voute maak ? No way hozay.

http://www.mantech.co.za  in die soek blokkie tik jy solar panel, as die bladsy gelaai het regs onder selekteer 100 per page.

Bel en vra vir Manny, hy's die slim ou daar rond. Hoor sommer by hom hoeveel aandele ek in Mantech kan kry as jy die panele by hom koop ;-) Hy sal dit geniet.

90W / 17.5V = ~ 5A as die son skyn. Dis nie te versmaai nie, twee van hulle is 10A, mens kan iets doen daarmee -
Danfoss yskas trek 2.8A
Batterye laai die res tot so 7A
 
Top