Catfish Orange River

:::S Ek en my broer Jaco het bietjie Desember vir so dag of 2 gaan visvang naby my ma hulle in Keimoes en moes maar tevrede wees met die vis wat die grootste uit die lot was.
Die visse byt soos gewoontlik goed maar grotes kry mens net nie meer nie.
Baie Tswannas stel lyne en stel ook kiefnette plek plek oral in die rivier. Ek dink dis die oorsaak van net klein vis vang.
Ek moet seker dankbaar wees dat ons darem iets vang maar daar gaan soveel harde werk in so n sessie in en ook n lot geld om so iets moontlik te maak, en dan vang ons dit.
Die baber so 38lbs en grootste karp 16lbs
Hennie
 

Attachments

  • baber5.JPG
    baber5.JPG
    50.8 KB · Views: 139

Skuimkop

Sealiner
Eish trek my hart weer sterk Oranje toe. Dankie dat jy die foto en info met ons deel Hennie. En ja ek begin ook nou ernstig bekommerd raak omdat die grootes nie meer so gereeld by die Oranje uit kom nie. Maar ek moet by se dit was die hele somer nog so gewees reg oor SA. Baie minder groot katte wat uit kom teenoor dieselfde tyd laas jaar.
 
Top